Kus

Die kuslyn by Tanzanië se hoofstad, Dar-es-Salaam, dien as 'n openbare vullishoop.

'n Kus is die oorgangsone tussen land en see. Hoe 'n bepaalde kus daar uitsien, hang onder meer af van die golfwerking, getye, blootstelling aan swaar golferosie, maar ook van die opheffing en daling van landmassas in vroeëre geologiese periodes. Die see het nie noodwendig net 'n afbrekende invloed op ʼn kus nie, maar dien dikwels as afsettingsmeganisme waardeur 'n kus opgebou word.

Binne kusgebiede word daar 2 belangrike biotope aangetref, naamlik die in die getysone (tussen hoog en laagwater) en die in die brakwater, waarin die organismes meestal kleiner is as die in die oop see. Op plekke waar die kus gevaar loop om te erodeer, kan dit beskerm word deur die aanlê van golfbrekers, dyke, ensovoorts.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne