Land

Die lande in Europa soos deur die Verenigde Nasies erken.

Die term land verwys in staatkundige aardrykskunde en internasionale politiek na 'n staatkundige verdeling van 'n aardrykskundige entiteit, 'n soewereine grondgebied, wat die algemeenste met die opvattings van staat of nasie en regering assosieer word.

Die term word in die algemene gebruik informeel aangewend om beide die begrippe van nasie ('n kulturele entiteit) en die van staat ('n politieke entiteit) te omskryf. Definisies verskil, en in hierdie sin word dit soms gebruik om na beide state en party ander politieke entiteite te verwys,[1] terwyl in sommige gevalle dit slegs na staat verwys.[2] Dit is nie ongewoon vir algemene inligting of statistiese publikasies om die wyer betekenis aan te neem vir doeleindes soos illustrasie en vergelyking nie.[3]

Daar is dosyne nie-soewereine landstreke (subnasionale entiteite, 'n ander vorm van staatskundige verdeling of administratiewe verdeling binne die ruimte van 'n groter moondheid) wat samehangende aardrykskundige entiteite verteenwoordig (waarvan party voormalige lande is), maar waarvan geen soewereine state is nie. Die meeste van hierdie state beskik deesdae oor 'n aansienlike mate van selfregering, maar kwalifiseer nie as nasies nie omdat hulle die eiendom is van ander moondhede. Verskeie state het oorsese afhanklikhede met landsgebiede en burgerskappe wat afgesonder is van hul eie.

  1. http://www.austlii.edu.au/au/legis/cth/consol_act/aia1901230/s22.html, http://www.austlii.edu.au/cgi-bin/disp.pl/au/cases/cth/federal%5fct/1997/912.html, http://foia.state.gov/masterdocs/09fam/0941104X1.pdf Geargiveer 14 April 2008 op Wayback Machine, http://www.economist.com/theworldin/international/displayStory.cfm?story_id=3372495&d=2005, http://www.state.gov/documents/organization/84411.pdf
  2. About.com:"Geography: Country, State, and Nation".
  3. countryreports.org, cia.gov Geargiveer 27 April 2019 op Wayback Machine, guinnessworldrecords.com, guinnessworldrecords.com

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne