Lausanne

Lausanne

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Switserland Switserland
 Kanton Vaud
 Koördinate 46°31′N 06°38′O / 46.517°N 6.633°O / 46.517; 6.633
 Stigting Voor 1ste eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 41,38 vk km
 Hoogte bo seevlak 495 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 140 202
 - Bevolkingsdigtheid 3 388/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat[1]  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,5 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 1,1 / 18,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1 113 mm
 Burgemeester Grégoire Junod (SP)
 Amptelike webwerf www.lausanne.ch

Lausanne (Frans: [lo'zan]; Duits: [loˈzan], ; Italiaans en Romansch: Losanna) is die hoofstad van die Switserse kanton Vaud en die distrik Lausanne, met sowat 140 200 inwoners in die stads- en 312 000 in die metropolitaanse gebied. Die stad in die Franssprekende weste van Switserland is die vyfde grootste in die land en 'n belangrike ekonomiese, kulturele, vervoer- en onderwyssentrum. Lausanne huisves sedert 1874 die Federale Geregshof van Switserland.

'n Lugbeeld van Lausanne

Lausanne is aan die noordoewer van die Meer van Genève (Frans: lac Léman) geleë. Die stadsgebied strek vanaf die seeoewer by die Ouchy-hawe tot by die bosgebiede van Jorat. Menslike gemeenskappe het hulle al omstreeks 6000 v.C. in die gebied gevestig. Die stad se huidige naam dateer uit die antieke tydperk; die 2de eeuse Gallies-Romeinse nedersetting Lousanna het omstreeks 400 as civitas Lausanna bekend gestaan.

Lausanne speel as setel van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK, sedert 1915) – en sedert 1993 as hoofstad van die Olimpiese Beweging – ook 'n belangrike rol op die gebied van sport. Op godsdienstige gebied was Lausanne tussen die laat 6de eeu en 1536 'n biskopsetel en belangrike bestemming vir pelgrims.

  1. (de) Bernhard Mühr: Die klimaat van Pully-Lausanne

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne