Leto

Leto
Die verkragting van Leto deur Tityos c. 515 v.C. Van Vulci. Leto is derde van links.
Die verkragting van Leto deur Tityos c. 515 v.C. Van Vulci. Leto is derde van links.
Naam Leto
Godin van onsigbaarheid
Blyplek eiland Delos
Man Zeus
Ouers Koios en Foibe
Broers, susters Asteria
Kinders Apollo, Artemis
Romeinse eweknie Latona

Leto (Grieks: Λητώ) was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Sy was die godin van onsigbaarheid.

Leto was die dogter van die Titane Koios en Foibe (volgens Hesiodus) en die suster van Asteria. Sy is ook die ma van Zeus se tweeling Apollo en Artemis. Ná hul geboorte het sy feitlik van die toneel af verdwyn.

Haar eweknie in die Romeinse mitologie is Latona.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne