Lewer

Lewer vanaf die rugkant.
Lewer van bokant gesien.
Lewer van onder.

Die lewer is een van die essensiële organe van diere. Dit lê regs onder die diafragma en word beskerm deur die onderste ribbes. Die lewer is nie net die grootste orgaan in die liggaam nie, maar is ook een van die veelsydigste en essensieelste. Meer as 500 verskillende funksies van die lewer is al ontdek.

Dit sluit onder meer in galsekresie, die uitruiling van stowwe, metabolisme, detoksikasie, barging van noodsaaklike stowwe, opbreking van rooi bloedselle, fagositose asook sintese van protrombien en fibrinogeen, wat by bloedstolling betrokke is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne