Lucifer

Die „oggendster“ Venus (links onder die maan)

Lucifer is die Latynse naam van die oggendster, die planeet Venus. Dit beteken "ligdraer" (afgelei van Latyns lux "lig" en ferre "dra, bring"). Gaandeweg is die naam Lucifer in die Christelike taalgebruik met die duiwel of Satan vereenselwig.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne