Maastricht

Munisipaliteit:
Maastricht


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Nederland Nederland
 Koördinate 50°51′N 5°41′O / 50.850°N 5.683°O / 50.850; 5.683
 Stigting 6de eeu v.C.
 Provinsie Limburg
 Oppervlakte:  
 - Totaal 60,06 vk km
 Hoogte bo seevlak 45 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Jan. 2019) 121 565[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 171/vk km


 Tydsone UTC+1
 - Somertyd UTC+2
 Klimaat Gematigde seeklimaat
 Gemiddelde temperatuur:  
 - Jaarlikse maksimum 13,7 °C
 - Maksimum Januarie / Julie 5,0 / 22,5 [2] °C
 - Jaarlikse minimum 6,0 °C
 - Minimum Januarie / Julie -0,1 / 13,0 °C
 Gemid. jaarlikse neerslae 740 mm
 Burgemeester (party) Wim Hillenaar (CDA)
 Daaglikse bestuur PvdA,
Senioren Partij Maastricht,
GroenLinks, D66, VVD
 Amptelike webwerf maastricht.nl
 Wikimedia Commons Maastricht

Maastricht (Limburgs: Mestreech) is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg. Dit is die hoofstad van hierdie provinsie en die oudste stad van Nederland. Maastricht is in die suide van Limburg geleë en die Maasrivier loop deur die stad. Maastricht grens in die weste aan die Belgiese provinsie Limburg en in die suidweste vir 'n klein deel aan die Belgiese provinsie Luik. Die munisipale gebied het sowat 120 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 60 km². Dit is 'n studentestad, met universiteitsgeboue deur die stad versprei, asook ander tersiêre opleidingsentrums.

  1. CBS StatLine, 2-3-2012
  2. Augustus is die warmste maand van die jaar met 'n gemiddelde maksimale temperatuur van 22,7 °C.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne