Mahabharata

Die Mahabharata (Devanagari: महाभारत, Sanskrit: Mahābhārata), soms Bharata genoem, is 'n baie uitgebreide religieuse en filosofiese epos uit Indië. Saam met die Ramayana is dit 'n belangrike kulturele hoeksteen van Hindoeïsme. Die Mahabharata is die derde grootste literêre werk ter wêreld na die epos van koning Gesar en Manas en bestaan uit 18 dele, sogenaamde parvas, elk onderverdeel in kleiner dele. Die titel, met die klem op bha, is afgelei van Maha (Sanskrit: groot) en Bharata (Sanskrit: Indië / wêreld / alles, en in die wortel bharat "om (die wêreld) te dra")[1] Mahabharata beteken dus iets soos "Indië, die groot" of "die hele wêreld", of "groot stut". Die werk is deel van die sogenaamde itihasa (letterlik: dit wat gebeur het) en bevat in sy mees uitgebreide weergawe meer as 100 000 verse, wat dit ongeveer vier keer so lank as die Bybel maak en sewe keer so lank as die Ilias en die Odussee.

  1. http://www.sanskrit-lexicon.uni-koeln.de/monier/

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne