Makemake

Makemake   🝼
Makemake en sy maan, soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Makemake en sy maan, soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Ontdekking
Ontdek deur Michael E. Brown
Chad Trujillo
David Rabinowitz
Datum 31 Maart 2005
Kleinplaneet-benaming(136472) Makemake
Alternatiewe name2005 FY9
Kleinplaneet-kategorie Dwergplaneet
TNV
Plutoïde
(cubewano)[1]
Etimologie Makemake
Wentelbaaneienskappe[2][3]
Epog 28 Januarie 1955
(JD 2 435 135,5)
Afelium 53,074 AE
7,939 Tm
Perihelium 38,509 AE
5,760 Tm
Halwe lengteas 45,791 AE
6,850 Tm
Wentelperiode 309,88 jaar
(113 183 dae)
Gem. omwentelingspoed 4,419 km/s
Gem. anomalie 85,13°
Baanhelling 28,96°
Lengteligging van stygende nodus 79,382°
Periheliumhoek 298,41°
Natuurlike satelliete 1
Fisiese eienskappe
Gem. radius 750 km[4]
710 ± 30 km[5]
Oppervlakte ~6 300 000 km2
Volume ~1,59 km3
Massa ~321 kg (aanvaar)
(0,0005 aardmassas)
Gem. digtheid ~2 g/cm3 (aanvaar)
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,4 m/s2
Ontsnapping-
snelheid
~0,75 km/s
Sideriese
rotasieperiode
7,771 ± 0,003 uur[6]
Temperatuur 30-35 K
Spektraaltipe: B-V = 0,83, V-R = 0,5
Skynmagnitude 16,7 (opposisie)[7][8]
Absolute magnitude -0,44[3]

Makemake, amptelik (136472) Makemake (simbool: 🝼),[9] is die derde grootste dwergplaneet in die Sonnestelsel en een van die grootste Kuipergordelvoorwerpe (KGV's). Makemake het 'n deursnee wat gelykstaande is aan ongeveer driekwart van Pluto s'n en het een bekende natuurlike satelliet, S/2015 (136472) 1.[10] Die dwergplaneet het 'n uiters koue gemiddelde temperatuur van -243,2 °C (of 30 Kelvin), wat daarop dui dat sy oppervlak met metaan-, etaan- en moontlik stikstofysse bedek is.

Makemake is oorspronklik deur 'n sterrekundige span onder leiding van Michael Brown op 31 Maart 2005 ontdek, maar die ontdekking is eers op 29 Julie 2005 aangekondig. Die dwergplaneet is genoem na die mitologiese god Makemake, wat in die geloof van die Rapa Nui (die inwoners van Paaseiland) die god van die mensdom en vrugbaarheid is.

  1. "MPEC 2009-P26 :Distant Minor Planets (2009 AUG. 17.0 TT)" (in Engels). IAU Minor Planet Center. 7 Augustus 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2017. Besoek op 28 Augustus 2009.
  2. Marc W. Buie (5 April 2008). "Orbit Fit and Astrometric record for 136472" (in Engels). SwRI (Space Science Department). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 13 Julie 2008.
  3. 3,0 3,1 "JPL Small-Body Database Browser: 136472 (2005 FY9)". NASA Jet Propulsion Laboratory (in Engels). 26 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 11 Junie 2008.
  4. (en) Stansberry, J.; Grundy, W.; Brown, M. (2008). "Physical Properties of Kuiper Belt and Centaur Objects: Constraints from Spitzer Space Telescope". The Solar System beyond Neptune. Universiteit van Arizona Pers: 161. arXiv:astro-ph/0702538. Bibcode:2008ssbn.book..161S.
  5. (en) Lim, T.L.; Stansberry, J.; Müller, T.G. (2010). ""TNOs are Cool": A survey of the trans-Neptunian region III. Thermophysical properties of 90482 Orcus and 136472 Makemake". Astronomy and Astrophysics. 518: L148. Bibcode:2010A&A...518L.148L. doi:10.1051/0004-6361/201014701.
  6. (en) A. N. Heinze en Daniel deLahunta, The rotation period and light-curve amplitude of Kuiper belt dwarf planet 136472 Makemake (2005 FY9), The Astronomical Journal 138 (2009), pp. 428–438. doi: 10.1088/0004-6256/138/2/428
  7. (en) "AstDys (136472) Makemake Ephemerides". Departement Wiskunde, Universiteit van Pisa, Italië. Besoek op 19 Maart 2009.
  8. (en) "Asteroid 136472 Makemake (2005 FY9)". HORIZONS Web-Interface. JPL Solar System Dynamics. Besoek op 1 Julie 2008.
  9. JPL/NASA (22 April 2015). "What is a Dwarf Planet?". Jet Propulsion Laboratory. Besoek op 19 Januarie 2022.
  10. HubbleSite (Persuitreiking no. STScI-2016-18) (2016-04-26). "Hubble Discovers Moon Orbiting the Dwarf Planet Makemake". Persberig. http://hubblesite.org/newscenter/archive/releases/2016/18/full/. Besoek op 2016-04-26. 

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne