Materiaalkunde

Materiaalkunde sluit die dele van chemie en fisika in wat te doen het met die eienskappe van materiale. Materiaalkunde omvat vier klasse materiale, waarvan elkeen as 'n afsonderlike studieveld beskou kan word:

  1. metale
  2. keramieke
  3. polimere
  4. saamgestelde materiale

Daar word dikwels na materiaalkunde verwys as materiaalkunde en ingenieurswese omdat dit vele toepassings het. Industriële toepassings van materiaalkunde sluit in prosesseringstegnieke (gietwerk, walswerk, sweiswerk, ioonimplantering, kristalgroei, dunne filmneerslag, sintering, glasblaas ens.), analitiese tegnieke (elektronmikroskopie, x-straalafbuiging, kalorimetrie, kernmikroskopie ens.), materiaalontwerp en koste/voordeel kompromieë in die industriële vervaardiging van materiale.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne