Mianmar

Republiek van die Unie van Mianmar
  • ပြည်ထောင်စု သမ္မတ မြန်မာနိုင်ငံတော်‌  (Birmaans)
Vlag van Mianmar Staatseël van Mianmar
Vlag Staatseël
Volkslied: Kaba Ma Kyei
(Birmaans vir: "Tot die einde van die wêreld")
Ligging van Mianmar
Hoofstad Naypyidawa

19°45′N 96°6′O / 19.750°N 96.100°O / 19.750; 96.100

Grootste stad Yangon (Rangoen)
Amptelike tale Birmaans
Regering


• Staatsleier
President
• 1ste Adjunkpresident
• 2de Adjunkpresident
Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
onder 'n militêre junta
Min Aung Hlaing
Myint Swe (wnd.)
Myint Swe
Henry Van Thio
Onafhanklikheid
Vorming
• Pagan-dinastie
• Taungoo-dinastie
• Konbaung-dinastie
• Onafhanklikheid van die
Verenigde Koninkryk
• Staatsgreep
• Huidige grondwet


23 Desember 849
16 Oktober 1510
29 Februarie 1752

4 Januarie 1948
2 Maart 1962
30 Maart 2011
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
676 578 km2  (39ste)
261 228 myl2
3,06
Bevolking
 - 2012-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
61 120 000[1][2] (25ste)
53 582 855[3]
76 / km2 (125ste)
196,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$297,517 miljard[4] (51ste)
$5 556[4] (128ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$77,172 miljard[4] (72ste)
$1 441[4] (155ste)

MOI (2019) 0,583[5] (147ste)  –  laag
Gini (2017) 30,7[6] –  medium
Geldeenheid Kyat (K) (MMK)
Tydsone
 - Somertyd
MST (UTC+6:30)
nie toegepas nie (UTC+6:30)
Internet-TLD .mm
Skakelkode +95
a. Sommige regerings beskou Yangon (Rangoen) as nasionale hoofstad.

Mianmar (Birmaans: မြန်မာ, [mjəmà]), amptelik die Republiek van die Unie van Mianmar (Birmaans: ပြည်ထောင်စု သမ္မတ မြန်မာနိုင်ငံတော်‌, Pyidaunzu Thanmăda Myăma Nainngandaw, [pjìdàʊɴzṵ θàɴməda̰ mjəmà nàɪɴŋàɴdɔ̀]), is die land in die vastelandgedeelte van Suidoos-Asië met die grootste oppervlak. Dit staan ook as Birma bekend. Mianmar het op 4 Januarie 1948 as die "Unie van Birma" onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk ontvang. Dit het die "Sosialistiese Republiek van die Unie van Birma" geword op 4 Januarie 1974, voor dit weer die "Unie van Birma" geword het op 23 September 1988. Op 18 Junie 1989 het die State Law and Order Restoration Council die naam "Unie van Mianmar" aangeneem.

Warmlugballonne oor die historiese koninklike stad Bagan
Shwedagon-pagode in Yangon. 'n Boeddhistemonnik loop langs die fasade van die stoepa – kliek op die foto om dit te vergroot en 'n indruk van sy afmetings te kry
Die mitologiese voël karaweik het as inspirasie gedien vir die Boeddhistiese Phaung Daw U Paya-tempel in Meiktila
Topografiese kaart van Mianmar
Kaart van Mianmar

Mianmar strek oor 'n afstand van 2 050 km van die Himalaja-uitlopers in die noorde tot die Maleisiese Skiereiland in die suide, en oor 'n afstand van 935 km van die Golf van Bengale in die weste tot die Mekong in die ooste. Die land deel sy grense met vyf ander state – die Volksrepubliek China begrens dit in die noorde, Laos in die ooste, Thailand in die suidooste, Bangladesj in die weste en Indië in die noordweste. Mianmar word begrens deur die Andamanse See in die suide en die Golf van Bengale in die suidweste. Een derde van Mianmar se totale omtrek van 1 930 kilometer vorm 'n ononderbroke kuslyn. Mianmar het 'n oppervlakte van 676 578 km² en 'n bevolking van sowat 54 miljoen. Die grootste stedelike nedersettings is Yangon met meer as vyf, Mandalay met meer as een miljoen en die regeringsetel Naypidaw met sowat een miljoen inwoners.

Die land se kuns en kultuur, wat heelwat deur sy buurlande beïnvloed is, is gegrond op Theravada-Boeddhisme gemeng met plaaslike elemente. Dikwels word na Mianmar verwys as die «Land van Pagodes». Mianmar se diverse bevolking met 135 amptelik erkende etniese groepe het 'n groot rol gespeel in die definisie van die land se moderne politiek, geskiedenis en demografie. Die land se politieke stelsel bly onder streng beheer van die State Peace and Development Council, die militêre regering wat, sedert 1992, by die diktator Senior Generaal Than Shwe oorgeneem het. Die Birmaanse militêre gesag het die regering reeds oorheers sedert Generaal Ne Win 'n staatsgreep in 1962 gelei het waarin die burgelike regering van U Nu omver gewerp is.

Onder die militêre bewind het die land 'n eenpartystelsel ontwikkel, met die "Party van die Birmaanse Pad tot Sosialisme" as oorheersende politieke organisasie. Volgens die grondwet van 1974 was Mianmar 'n Sosialistiese republiek. Die inheemse Sosialisme, wat reeds in die vyftigerjare van die 20ste eeu ontwikkel is, het 'n aantal Marxistiese elemente met Boeddhistiese beginsels en nasionalistiese leuses vermeng. Die eerste stap op pad na 'n Sosialistiese stelsel was dan ook die onteiening van die Indiese minderheid. Daarnaas het die Birmaanse bewind steeds bekend gestaan vir sy kritiese houding teenoor buitelandse beleggings en ontwikkelingshulp, asook sy onvermoë om die etniese minderhede van Mianmar se berggebiede te integreer, alhoewel hulle 'n beperkte selfregerende status het.

'n Bekende Birmaanse politikus was U Thant wat tussen 1961 en 1971 as sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) gedien het. Sy beleid was gemik op die dekolonisasie en selfstandigheid – en dus ook VN-lidmaatskap – van selfs die kleinste en mins-lewensvatbare eilandnasies waardeur hy die funksionaliteit van dié organisasie nouliks bevorder het.[7]

Mianmar was tot 1948 deel van die Britse Ryk en kon sedert onafhanklikheid nie daarin slaag om etniese konflik in die land te besleg nie. Die mense van Mianmar is betrokke by 'n stryd om vryheid teen die militêre regering wat die land die afgelope dekade en 'n half met 'n ysterhand regeer.[8] Aung San Suu Kyi word in die stryd as die mees prominente leier van 'n nie-geweldadige beweging vir menseregte en demokrasie in Mianmar beskou. Hiervoor ontvang sy die 1991 Nobelprys vir Vrede.

Mianmar is ryk aan natuurlike hulpbronne en strategies geleë by die kruispunt van drie groot geografiese streke – China, Indië en Suidoos-Asië. Die land se ekonomiese potensiaal is onskatbaar danksy groot aardgas- en koperreserwes, waardevolle inheemse houtsoorte soos teak en edelstene. Die land se waterkrag- en landboupotensiaal bied verdere moontlikhede vir ontwikkeling.

  1. (en) "Asian Development Bank and Myanmar: Fact Sheet" (PDF). Asiatiese Ontwikkelingsbank. 30 April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Desember 2011. Besoek op 12 Augustus 2014.
  2. (en) "The World Factbook". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2018. Besoek op 1 April 2018.
  3. (en) http://www.worldometers.info/world-population/myanmar-population/
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Myanmar". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2020. Besoek op 1 Februarie 2021.
  5. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 1 Februarie 2021.
  6. (en) "Myanmar". Wêreldbank. Besoek op 1 Februarie 2021.
  7. (de) Ludewig, Werner (redakteur): Das moderne Länderlexikon in zehn Bänden. Boekdeel 2: Barbados-Dänemark. Gütersloh: Verlagsgruppe Bertelsmann/Bertelsmann Lexikon Verlag 1979, bl. 58
  8. (en) US Campaign for Burma, Burma in Brief Geargiveer 17 Augustus 2007 op Wayback Machine, besoek op 26 Julie 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne