Multatuli

Eduard Dekker
Gebore
Eduard Douwes Dekker

2 Maart 1820
Sterf19 Februarie 1887 (op 66)
Ingelheim am Rhein
BeroepSkrywer
Bekend virMax Havelaar
Webwerf(nl) Profiel

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Standbeeld in Amsterdam

Eduard Douwes Dekker (2 Maart 1820 – 19 Februarie 1887), beter bekend onder sy pennaam Multatuli, was ’n Nederlandse skrywer veral beroemd vir sy satiriese roman, Max Havelaar (1860).

Dekker was werksaam as ’n amptenaar in Nederlands-Indië (die teenwoordige Indonesië) waar, toe hy as negentienjarige daar aangekom het, volgens sy eie woorde sy ‘siel ontwaak het’, maar waar hy die ernstige lyding gesien het wat die gevolg van die Nederlandse bewind was. Sy bekendste werk, die satiriese roman Max Havelaar, waarin hy—na aanleiding van sy eie ervaringe—die behandeling van die plaaslike bevolking deur Nederlandse en Nederlands-Indiese bestuurders aan die kaak gestel het. Vir hierdie boek het Dekker die skuilnaam Multatuli (Latyn vir “Ek het veel gely”) gekies asook ’n verwysing na ’n beroemde passasie uit die Tristia van Ovidius.

In Junie 2002 is Max Havelaar deur die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde verklaar tot die belangrikste Nederlandstalige letterkundige werk van alle tye. In 2004 het Dekker 34ste gekom in ’n stemming vir “Die grootste Nederlander.”

Die Multatuli Genootskap stel hom ten doel om die kennis van Multatuli te bevorder en sy blywende belang te onderstreep. Dit bestuur ook die Multatuli Museum wat gevestig is in die geboortehuis van die outeur.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne