Nederland

Hierdie artikel handel oor die land in Europa, wat deel uitmaak van die Koninkryk van die Nederlande, vir ander gelyknamige state, sien Nederland (dubbelsinnig).
Nederland
Nederland (Nederlands)
Vlag van Nederland Wapen van Nederland
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Je Maintiendrai (Frans)
Ik zal handhaven (Nederlands)
("Ek sal handhaaf")
Volkslied: Wilhelmus
Ligging van Nederland
Hoofstad Amsterdam

52°22′N 4°53′O / 52.367°N 4.883°O / 52.367; 4.883

Grootste stad Amsterdam
Amptelike tale Nederlands, Wes-Fries
Regering

Monarg
Eerste minister
• Adjunkpremiers
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Willem-Alexander
Mark Rutte
Rob Jetten
Karien van Gennip
Carola Schouten
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
Nederlandse Republiek
Koninkryk van die Nederlande
• Huide grondwet
van die Spaanse Ryk
26 Julie 1581
30 Januarie 1648
16 Januarie 1795
16 Maart 1815
15 Desember 1954
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
41 865[1][2] km2  (134ste)
16 164 myl2
18,41 (2023)[1]
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
17 968 394[3] (67ste)
16 655 799[4]
520 / km2 (16de)
1 346,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$1 342 miljard[5] (28ste)
$75 541[5] (11de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$1 158 miljard[5] (17de)
$65 195[5] (11de)

MOI (2021) 0,941[6] (10de)  –  baie hoog
Gini (2022) 26,3[7](15de) –  laag
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+01)
MEST (UTC+02)
Internet-TLD .nl
Skakelkode +31
Portaal Europa

Nederland (Nederlands: [ˈneːdərlɑnt], ; Wes-Fries: Nederlân), informeel Holland,[8] is 'n land in die noordweste van die Europese vasteland en bestaan uit 12 provinsies. Dit word begrens deur die Noordsee in die noorde en weste, België in die suide en Duitsland in die ooste; in die Noordsee grens Nederland ook aan die Verenigde Koninkryk.[9] Die hoofstad is Amsterdam en die regeringsetel is Den Haag. Die Karibiese eilande Bonaire, Saba en Sint Eustatius maak ook deel van Nederland uit. Saam met die Karibiese eilande Aruba, Curaçao en Sint Maarten vorm Nederland die Koninkryk van die Nederlande. Die land se amptelike taal is Nederlands, met Wes-Fries as 'n tweede ampstaal in die provinsie Friesland, en Engels en Papiaments as sekondêre ampstale in die Karibies Nederland. Nederlandse Nedersaksies en Limburgs is erkende streekstale (gebesig onderskeidelik in die (noord)ooste en suidooste), terwyl Romani en Jiddisj erkende minderheidstale is.[10]

Nasa-Satellietbeeld van Nederland

Nederland se vier grootste stede is Amsterdam, Rotterdam, Den Haag en Utrecht.[11] Amsterdam is die land se mees bevolkte stad en amptelike hoofstad,[12] terwyl Den Haag die Stategeneraal, die Kabinet en die Hooggeregshof huisves.[13] Die Rotterdamse hawe is die besigste beide in Europa en buite Asië, net ná die Volksrepubliek China en Singapoer.[14] Die Amsterdamse Lughawe Schiphol is die belangrikste in Nederland en die derde besigste in Europa net ná Londen se Heathrow en Parys se Charles de Gaulle. Nederland is 'n stigtingslid van die Europese Unie, Eurosone, G10, NAVO, OESO en WHO, maar ook deel van die Schengengebied en die trilaterale Benelux. Dit huisves 'n aantal interregeringsorganisasies en internasionale howe, waarvan die meeste in Den Haag, wat vervolgens die "wetlike hoofstad van die wêreld" genoem word.[15]

Nederland beteken letterlik "Lae Lande" en verwys na sy lae hoogte en plat topografie, waarvan net sowat 50% 1 meter bo seevlak geleë is, en naastenby 26% benede seevlak.[16] Die meeste gebiede benede seevlak, bekend as polders, is tydens landherwinning verkry wat in die 14de eeu begin het.[17] In die omgangstaal of informeel word na Nederland as Holland verwys.[8] Met 'n bevolking van sowat 17,8 miljoen in 2023 op 'n oppervlakte van omtrent 41 500 km² — waarvan die landoppervlakte omtrent 33 600 km² — maak van Nederland met 'n bevolkingsdigtheid van 429/km² (totaal) en 529/km² (land) die twaalfde digsbevolkte land in die wêreld en die vyfde digsbevolkte in Europa. Nogtans is Nederland die wêreld se tweede belangrikste uitvoerder van voedsel en landbouprodukte (na die Verenigde State), danksy sy vrugbare grond, gematigde klimaat, intensiewe landbou en vindingrykheid.[18][19][20]

Nederland handhaaf sedert 1848 'n unitêre parlementêre grondwetlike monargie. Die land beskik oor 'n tradisie van Verzuiling en 'n lang geskiedenis van sosiale verdraagsaamheid; hulle het aborsie, prostitusie en genadedood gewettig en 'n liberale dwelmbeleid. Nederland het in 1870 die doodstraf in die burgerlike reg afgeskaf, hoewel dit eers heeltemal verwyder is totdat 'n nuwe grondwet in 1983 goedgekeur is. Nederland het reeds in 1917 die stemreg vir vroue ingevoer en in 2001 die eerste land geword om selfdegeslaghuwelike te wettig. Sy gemengde mark binne 'n gevorderde ekonomie het die elfde hoogste per kapita-inkoms wêreldwyd.[5] Nederland beklee wêreldwyd die eerste plekke wat persvryheid,[21] ekonomiese vryheid,[22] menslike ontwikkeling, lewenskwaliteit en geluk betref.[23][24] In 2019 het Nederland die tiende grootste ekonomie volgens BBP per capita gehad,[5] die tiende plek van menslike ontwikkeling[6] en die vyfde plek op die Wêreldgelukindeks beklee.[25]

  1. 1,0 1,1 (nl) "AlleCijfers". Statistieken Nederland. Besoek op 7 Maart 2024.
  2. (nl) "Waaruit bestaat het Koninkrijk der Nederlanden? – Rijksoverheid.nl". Ministerie van Algemene Zaken. 19 Mei 2015. Besoek op 7 Maart 2024.
  3. (nl) "Bevolkingsteller". Sentrale Statistiekkantoor. 7 Maart 2024. Besoek op 7 Maart 2024.
  4. (en) "Dutch Census 2011 Analysis and Methodology" (PDF). Sentrale Statistiekkantoor. 19 November 2014. p. 9. Besoek op 7 Maart 2024.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 (en) "Netherlands". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 7 Maart 2024.
  6. 6,0 6,1 (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 7 Maart 2024.
  7. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 7 Maart 2024.
  8. 8,0 8,1 (en) "Netherlands vs. Holland". Nederlandse Kantoor vir Toerisme en Kongresse. 18 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2020. Besoek op 24 November 2020.
  9. (en) "Netherlands boundaries in the North Sea". Departement van Verdediging. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2017. Besoek op 15 Augustus 2014.
  10. (en) "Welke erkende talen heeft Nederland?". Rijksoverheid. 11 Januarie 2016. Besoek op 7 Maart 2024.
  11. (nl) "Gemeentegrootte en stedelijkheid". CBS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2019. Besoek op 16 Desember 2019.
  12. (nl) Dutch Wikisource. "Grondwet voor het Koninkrijk der Nederlanden". Chapter 2, Article 32. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 3 Julie 2013.
  13. (en) Permanent Mission of the Netherlands to the UN. "General Information". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2013. Besoek op 26 Junie 2013.
  14. (en) Rotterdam Port Authority (1 Junie 2014). "Port Statistics 2013". Persberig. 8. Archived from the original on 8 Augustus 2019. https://web.archive.org/web/20190808001139/https://www.portofrotterdam.com/sites/default/files/Port-statistics-2013.pdf. Besoek op 28 Junie 2014. 
  15. (en) van Krieken, Peter J.; David McKay (2005). The Hague: Legal Capital of the World. Cambridge University Press. ISBN 978-90-6704-185-0.
  16. (en) Schiermeier, Quirin (5 Julie 2010). "Few fishy facts found in climate report". Nature. 466 (170): 170. doi:10.1038/466170a. PMID 20613812.
  17. (en) How it Works: Science and Technology. Marshall Cavendish. 2003. p. 1208. ISBN 978-0-7614-7323-7.
  18. (nl) "Netherlands: Agricultural exports top 80 billion Euros". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2020. Besoek op 25 Januarie 2015.
  19. (en) (RVO), Netherlands Enterprise Agency (17 Julie 2015). "Agriculture and food". hollandtrade.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2016. Besoek op 26 Augustus 2016.
  20. (en) "How the Netherlands Feeds the World". National Geographic Society. September 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 15 Januarie 2020.
  21. (en) "2016 World Press Freedom Index – RSF". Rsf.org. 1 Februarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020.
  22. (en) "Netherlands". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2013. Besoek op 10 Mei 2013.
  23. (en) Helliwell, John; Layard, Richard; Sachs, Jeffrey (20 Maart 2017). World Happiness Report 2017 (PDF). Verenigde Nasies se Volhoubare ontwikkelingsoplossingsnetwerk. ISBN 978-0-9968513-5-0. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 12 Julie 2017. Besoek op 18 Junie 2017.
  24. (en) "2016 World Happiness Report" (PDF). Worldhappiness.report. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Februarie 2018. Besoek op 3 Augustus 2017.
  25. (en) "World Happiness Report 2019". World Happiness Report. Besoek op 7 Maart 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne