Newel

Die Skeppingspilare in die Arend-newel.
Die newel NGC 604 in die sterrebeeld Driehoek.

’n Newel, newelvlek of nebula is ’n wolk van ruimtestof, waterstof, helium en ander geïoniseerde gasse. Hulle is dikwels stervormende gebiede, soos die Arend-newel in die sterrebeeld Slang.

Die woord "newel" is oorspronklik gebruik vir enige groot ruimtevoorwerp, insluitende sterrestelsels buite die Melkweg, totdat die ware aard van sterrestelsels ontdek is. So is die Andromeda-sterrestelsel eers die "Andromeda-newel" genoem.

In ’n stervormende gebied koek die gas, stof en ander materiaal saam om groter massas te vorm; dié trek nog materiaal aan en word eindelik groot genoeg om sterre te vorm. Daar word geglo die orige materiaal vorm dan planete en ander ruimtevoorwerpe.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne