Oligoseen

Era Periode Epog Tyd gelede 
(in miljoen jaar)
Kainosoïkum Kwartêr Holoseen 0 - 0,0117
Pleistoseen 0,0117 - 2,588
Neogeen Plioseen 2,588 - 5,333
Mioseen 5,333 - 23,03
Paleogeen Oligoseen 23,03 - 33,9
Eoseen 33,9 - 56,0
Paleoseen 56,0 - 65,5
Mesosoïkum Kryt Laat ouer

Die Oligoseen is 'n tydperk in die geologiese tydskaal tussen 33,9 en 23,03 miljoen jaar gelede. Die Oligoseen kom na die Eoseen en voor die Mioseen.

Dit was 'n tydperk met 'n relatief koel klimaat, waartydens daar yskappe op Antarktika was en die bosse wat die kontinente bedek het, plekgemaak het vir oop grasvelde. Dít het die evolusie van die soogdiere beïnvloed: meer groot grasvreters het hulle verskyning gemaak. Ook insekbevolkings het sterk gegroei en versprei. Onder die primate het die eerste soort primate wat op moderne ape lyk verskyn.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne