Opel

Opel AG
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 21 Januarie 1862
Stigter(s)Adam Opel
Hoofkantoor Rüsselsheim, HesseDuitsland
SleutelpersoneDr. Karl-Thomas Neumann Hoof Uitvoerende Beampte[1]
Gebied bedienAfrika, Asië, Europa
IndustrieMotorvervaardiger
ProdukteMotors, handelsvoertuie, enjins
Dienstefinansiering, assuransie, onderhoudsdiens
Inkomste $ 14.886 miljard (2011)[2]
Werknemers35,428 (2013)[3]
MoedermaatskappyGroupe PSA
DivisiesOpel Performance Center[4]
Dogter-
maatskappye
Vauxhall Motors
Opel Eisenach
Opel Special Vehicles [5]
Webwerfopel.com
[3][5]
Opel GT Elektro
Opel Adam
Opel Insignia
2017 Opel GT concept
2021 Opel Manta GSE

Opel (amptelik "Adam Opel AG") is 'n Duitse motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Rüsselsheim, Hesse, Duitsland, en 'n filiaal van Groupe PSA. Die maatskappy ontwerp, ontwikkel, vervaardig en versprei Opel-handelsmerk passasiersvoertuie, ligte kommersiële voertuie en motoronderdele vir verspreiding na Afrika, Asië, Europa en Suid-Amerika. Opelvoertuie word ook verkoop onder die handelsnaam Buick in die Verenigde State van Amerika, Kanada, Meksiko en China, die handelsnaam Holden in Australië en Nieu-Seeland en die handelsnaam Vauxhall in die Verenigde Koninkryk.

Opel se wortels dateer terug na 'n firma wat naaimasjiene vervaardig het, wat deur Adam Opel in 1862 gestig is. Die maatskappy het fietse begin vervaardiging in 1886 en sy eerste motor volg in 1899.

Opel word 'n beperkte aandelemaatskappy (Duits: Aktiengesellschaft) in 1929; die Amerikaanse General Motors het 'n meerderheidsbelang in Opel bekom in dieselfde jaar. General Motors verkry volle beheer in 1931 en tot vandag toe is Adam Opel AG steeds 'n volfiliaal van die General Motors Company. Adam Opel AG is die moedermaatskappy van General Motors UK Limited, beter bekend as Vauxhall, en verskeie ander filiale van General Motors. Na 88 jaar van eienaarskap verkoop General Motors Opel aan die Franse motorvervaardiger Groupe PSA in 2017.[6]

Opel en Vauxhall se reekse is gedurende die 1970–80's gerasionaliseer in een omvattende reeks in Europa.

  1. Corporate Officers (15 Januarie 2014). "Alan Batey – GM Corporate Officers" (in Engels). GM.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 19 Augustus 2014.
  2. Opel (2013). "Adam Opel AG". Gale Business Insights: Essentials (in Engels). Gale Cengage Learning. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 13 Augustus 2013. Sales: $14,886,400,000
  3. 3,0 3,1 Opel Corporate Communications (April 2013). "Year in Review 2012 – Facts & Figures" (PDF). Opel (in Portugees). Adam Opel AG. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 1 Julie 2018. Besoek op 6 Augustus 2013.
  4. Mihalascu, Dan (25 Mei 2013). "OPC Boss Volker Strycek Drives and Talks About the Astra OPC". Carscoops (in Engels). Carscoop & Carscoops. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2017. Besoek op 13 Augustus 2013. To remind us of all these numbers and provide new interesting information on the Astra OPC, Opel had the boss of its OPC performance division, Volker Strycek, talk us through the most important features of the hot Astra.
  5. 5,0 5,1 Opel (15 Februarie 2013). "Form 10-K Annual Report Pursuant to Section 13 or 15(d) of the Securities Exchange Act of 1934 for the Fiscal Year Ended December 31, 2012 Commission File Number 001-34960 General Motors Company" (PDF). General Motors (in Portugees). General Motors Company. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2018. Besoek op 6 Augustus 2013.
  6. (en) "PSA Group purchase of Opel and Vauxhall completed with new financial company", Autocar.co.uk,1 Augustus 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne