Oseaan

Aarde vanuit die ruimte.

'n Oseaan is 'n min of meer selfstandige wêreldsee tussen kontinente en kan verskeie (kleiner) seë bevat. Die woord oseaan kom van die Griekse Okeanos, wat in mitologie die personifikasie van die wêreldsee is. Die aarde se oseane beslaan twee derdes van die oppervlak van ons planeet. Die oseane en seë beslaan ongeveer 2/3 (70%) van die aarde se oppervlak, terwyl slegs 1/3 (30%) van die oppervlak land is. Hierdie watermassa laat die Aarde soos 'n blou albaster lyk wanneer 'n mens uit die ruimte daarna kyk.

Die mens is vir baie van sy bedrywighede op die oseane aangewese. Hoe ons hierdie oseane behandel, is daarom uiters belangrik - hulle word trouens soms as 'n barometer beskou van hoe gesond ons planeet is.

Net 'n bietjie van die oseaan se water is vars - die water in riviere en mere, asook grondwater en die ys van die poolkappe. Die mens is van water afhanklik vir sy voortbestaan. Die aarde is die enigste planeet waarop water in vloeistofvorm voorkom.

Daar is 5 verskillende oseane op die aarde, naamlik:


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne