Overijssel

Overijssel

Oaveriessel, Overiessel
Provinsie
Vlag van Overijssel
Vlag
Wapen van Overijssel
Wapen
Ligging van die provinsie Overijssel in Nederland
Ligging van die provinsie Overijssel in Nederland
Kaart van die provinsie Overijssel
Kaart van die provinsie Overijssel
Koördinate: 52°25′N 6°25′O / 52.417°N 6.417°O / 52.417; 6.417
LandVlag van Nederland Nederland
HoofstadZwolle
Grootste stadEnschede
Regering
 • KommissarisAndries Heidema (CU)
Oppervlak
 • Totaal3 421 km2 (1 321 vk. myl)
 • Land3 317 km2 (1 281 vk. myl)
 • Water104 km2 (40 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal1 184 333
 • Digtheid357/km2 (920/vk. myl)
 1 Januarie 2023
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.overijssel.nl
Lemelerberg
Markelose Berg

Overijssel (letterlik in Afrikaans: Ooryssel, Sallands/Twents: Oaveriessel, Stellingwerfs: Overiessel) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die ooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 184 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 3 421 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 357 inwoners per km² land. Die hoofstad is Zwolle en die grootste stad is Enschede. Andere groot stede is: Almelo, Deventer, Hengelo, Kampen en Zwolle.

Overijssel grens in die suide aan Gelderland, in die weste aan Flevoland, in die noorde aan Friesland en Drenthe en in die ooste aan die Duitse deelstate Nedersakse en Noordryn-Wesfale.

Overijssel bestaan uit drie kultuurhistoriese streke:[2]

  • Twente, in die ooste van Overijssel. Hier woon die meeste mense en lê die ekonomiese middelpunt met stede soos Enschede, Hengelo en Almelo. Hier woon ongeveer 584 000 mense (2023).
  • Salland, in die weste van Overijssel. Die oorspronklik magtigste streek, met ou Hansestede soos Zwolle, Deventer en Kampen. Hier woon ongeveer 551 000 mense (2023).
  • Kop van Overijssel, in die noord-weste van Overijssel. Giethoorn is die bekendste dorp hier. Hier woon ongeveer 50 000 mense (2023).
  1. 1,0 1,1 Statistieken provincie Overijssel, AlleCijfers
  2. Berekening van die streke se inwoners: die inwoners van die munisipaliteite Hellendoorn, Rijssen-Holten en Twenterand gelyk verdeel oor Salland en Twente. Die inwoners van die nedersetting Zwartsluis (ongeveer 5 000 in 2023) van die Zwartewaterland-munisipaliteit bygevoeg aan die Kop van Overijssel.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne