PHP

Logo van PHP

PHP (PHP: Hypertext Preprocessor) is 'n reflektiewe programmeertaal oorspronklik ontwerp vir die skep van dinamiese webblaaie. PHP word hoofsaaklik gebruik vir bedienerkant programmatuur maar kan ook vanaf 'n instruksielyn koppelvlak of in alleenstaande grafiese gebruikerskoppelvlakke.

PHP ding mee teen ander programmeertale mee soos Perl, Ruby en Python; met ingang Desember 2006 word dit op die vyfde plek van die TIOBE Programming Community Index se gewildheidsleer gelys, wat een plek laer is as in die voorafgaande jaar. Die lys is gebaseer op die wêreldwye beskikbaarheid van praktisyns, kursusse en handelaars.[1]

Die enigste implementering word saamgestel deur The PHP Group en word onder voorwaardes van die PHP-lisensie vrygestel. Dit word deur die Free Software Foundation as vrye sagteware beskou. Hierdie implementering dien as die de facto standaard vir PHP aangesien daar nie 'n formele spesifikasie bestaan nie.

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2007. Besoek op 13 Januarie 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne