Parabool

'n Parabool

Die parabool (uit Grieks: παραβολή) is 'n keëlsnit wat gegenereer word deur die snyding van 'n regtesirkelkeëloppervlak en 'n vlak parallel aan 'n generator lyn van die keël. 'n Parabool kan ook gedefinieer word as die lokus van punte in 'n vlak wat ewe ver van 'n gegewe punt (die brandpunt) en 'n gegewe lyn (die direktriks) is. 'n Parabool word beskryf deur 'n kwadratiese vergelyking.

'n Besondere geval kom voor wanneer die vlak 'n raakvlak tot die keëlvlak is. In die geval is die snyding 'n ontaarde parabool wat bestaan uit 'n reguit lyn.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne