Politiek

Politieke sienings verskil gemiddeld oor die nasies. 'n rekonstruksie van die Inglehart–Welzel Kultuur-kaart van die wêreld gebaseer op die World Values Survey.

Politiek (Grieks: Πολιτικά politiká; letterlik "van, vir, of met betrekking tot burgers") is die proses en metode van besluitneming vir groepe mense. Politiek is die versameling aktiwiteite wat verband hou met die neem van besluite in groepe, of ander vorme van magsverhoudinge tussen individue, soos die verspreiding van hulpbronne of status. Die akademiese studie van politiek word Politieke wetenskap (politikologie) genoem en is die ondersoek van politieke optrede, en bestudeer die verkry en toepassing van mag, wat die afdwing van iemand se wil op 'n ander is.

Dit kan positief gebruik word in die konteks van 'n 'politieke oplossing' wat kompromiegesind en nie-gewelddadig is[1] of beskrywend as 'die kuns of wetenskap van die regering', maar het ook dikwels 'n negatiewe konnotasie.[2] Die slawernyafskaffer Wendell Phillips het byvoorbeeld verklaar dat "ons nie politiek speel nie; anti-slawerny is geen grap vir ons nie." [3] Die begrip is op verskillende maniere gedefinieer, en verskillende benaderings het fundamenteel verskillende menings oor of dit moet uitgebreid of beperk, empiries of normatief gebruik word, en of konflik of samewerking daarvoor noodsaakliker is.

'n Verskeidenheid van metodes word in die politiek toegepas, wat die bevordering van eie politieke sienings onder mense insluit, onderhandeling met ander politieke onderdane, wette opstel en mag uitoefen, insluitend oorlogvoering teen teëstanders.[4][5][6][7][8] Politiek word op 'n wye verskeidenheid sosiale vlakke uitgeoefen, van klans en stamme van tradisionele samelewings, deur moderne plaaslike regerings, maatskappye en instellings tot soewereine state, tot op internasionale vlak. In moderne nasiestate vorm mense dikwels politieke partye om hul idees te verteenwoordig. Lede van 'n party stem dikwels in om dieselfde standpunt in te neem oor baie aangeleenthede en stem in om dieselfde wetswysigings en dieselfde leiers te steun. 'n Verkiesing is gewoonlik 'n kompetisie tussen verskillende partye.

'n Politieke stelsel is 'n raamwerk wat aanvaarbare politieke metodes binne 'n samelewing definieer. Die geskiedenis van politieke denke kan teruggevoer word na die vroeë oudheid, met kernwerke soos Plato se Republiek, Aristoteles se Politica, Chanakya se Arthashastra en Chanakya Niti (3de eeu vC), asook die werke van Konfusius.[9]

  1. Leftwich, Aian. (2015). What is politics? : the activity and its study. Polity Press. p. 68. ISBN 978-0-7456-9852-6. OCLC 911200604.
  2. Hague, Rod; Harrop, Martin (2013). Comparative Government and Politics: An Introduction. Macmillan International Higher Education. p. 1. ISBN 978-1-137-31786-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019. Besoek op 25 Februarie 2018.
  3. Johnston, Alexander; Woodburn, James Albert (1903) [1903]. American Orations: V. The Anti-Slavery Struggle. G. P. Putnam and Sons. p. 233 – via Internet Archive.
  4. Hammarlund, Bo (1985). Politik utan partier: studier i Sveriges politiska liv 1726–1727. Almqvist & Wiksell International. p. 8. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2019. Besoek op 25 Februarie 2018.
  5. P. Brady, Linda (2017). The Politics of Negotiation: America's Dealings with Allies, Adversaries, and Friends. University of North Carolina Press. p. 47. ISBN 978-1-4696-3960-4. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2019. Besoek op 25 Februarie 2018.
  6. Hawkesworth, Mary; Kogan, Maurice (2013). Encyclopedia of Government and Politics: 2-volume Set. London: Routledge. p. 299. ISBN 978-1-136-91332-7. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2019. Besoek op 25 Februarie 2018.
  7. Taylor, Steven L. (2012). 30-Second Politics: The 50 most thought-provoking ideas in politics, each explained in half a minute. Icon Books Limited. p. 130. ISBN 978-1-84831-427-6. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2019. Besoek op 25 Februarie 2018.
  8. L. Blanton, Shannon; Kegley, Charles W. (2016). World Politics: Trend and Transformation, 2016–2017. Cengage Learning. p. 199. ISBN 978-1-305-50487-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2019. Besoek op 26 Februarie 2018.
  9. Political System and Change: A World Politics Reader. Princeton University Press. 1986. JSTOR j.ctt7ztn7s.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne