Rivier

’n Smeltende ystong van Athabasca Gletser, Jasper Nasionale Park, Alberta, Kanada.
Die oorsprong van ’n bergrivier in die Switserse Alpe, Switserland. (Reichenbach in Grosse Scheidegg).
Hierdie brug oor die Donourivier verbind Hongarye met Slowakye.
’n Uitsig oor die Brahmaputra naby Sukleswar ghat in Guwahati, Indië.
Die Amasonerivier in Brasilië.

'n Rivier is 'n natuurlike waterloop,[1] gewoonlik van varswater, wat 'n oseaan, meer, see of ander rivier binnevloei. In sommige gevalle sal 'n rivier eenvoudig binne die grond invloei of heeltemal opdroog alvorens 'n ander watermassa bereik word. 'n Klein rivier kan onder verskillende ander name bekend staan, soos stroom, spruit, riviertjie, lopie of beek; daar bestaan geen omvattende reël oor wat as 'n rivier gedefinieer kan word nie.

Die enigste uitsondering is die stroom: in party lande of gemeenskappe kan ’n stroom volgens sy grootte bepaal word. Baie name vir klein riviere is aan die geografiese ligging verbonde, soos Burn in Skotland en Noordoos-Engeland.

'n Rivier vorm deel van die hidrologiese siklus. Die water wat binne die rivier vloei is afkomstig van neerslag, wat deur middel van oppervlakafloop, die deursyfering en styging van watertafels, fonteine, en smeltwater van gletsers en ys gevoed word.

Potamologie is die wetenskaplike studie van die riviere, terwyl limnologie die studie van vrye water in die algemeen is.

  1. River {definisie} vanuit Merriam-Webster. Besoek Februarie 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne