Sarong

Plaaslike werkers in Sri Lanka weef kokostoue in hulle sarongs.
'n Man in Jemen maak sy futah (sarong) vas.
Stukke materiaal vir sarongs.

'n Sarong (ook saroeng, verouderd)[1] is 'n groot stuk tekstiel wat dikwels om die middellyf gedraai word as kledingstuk. Dit word gedra in Suid-Asië, Suidoos-Asië, die Arabiese Skiereiland, Oos-Afrika,[2] en op baie Stille Oseaan-eilande.

Die stof het dikwels ruitpatrone, of kan helderkleurig wees vanweë batik- of ikatkleursel. Baie moderne sarongs het gedrukte ontwerpe, wat dikwels diere of plante uitbeeld. Verskillende soorte sarongs word wêreldwyd gedra, soos die lungi van Suid-Indië en izaar van die Arabiese Skiereiland.

  1. "Sarong" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 19 Augustus 2023.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2017. Besoek op 13 April 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne