Sider

Stowford Cider uit Herefordshire, Engeland

Sider of appelbier is die generiese naam vir verskillende soorte gegiste sap en wyn wat van appels of pere gepers is. Die woord is afgelei van die Hebreeuse sjékár wat eintlik "sterk drank" beteken. Ook die Griekse sikera en Latynse sicera verwys eerder na geesryke dranke. Die Romeine het hul olyf- en wynperse aangepas vir die maak van vrugtewyn. Die Afrikaanse sider is van die Nederlandse cider (Middel-Nederlands sidere) afkomstig, wat op sy beurt weer 'n Franse leenwoord is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne