Singapoer

Republiek Singapoer
  • Republic of Singapore  (Engels)
  • Republik Singapura  (Maleis)
  • சிங்கப்பூர் குடியரசு  (Tamil)
Vlag van Singapoer Wapen van Singapoer
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Majulah Singapura
(Maleis vir: "Voorwaarts, Singapoer")
Volkslied: Majulah Singapura
(Maleis vir: "Voorwaarts, Singapoer")
Ligging van Singapoer
Hoofstad Singapoer (Downtown Core, Central)

1°17′N 103°50′O / 1.283°N 103.833°O / 1.283; 103.833

Grootste stad Singapoer
Amptelike tale Chinees, Engels, Maleis, Tamil
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Halimah Yacob
Lee Hsien Loong
Onafhanklikheid
Vorming
• Stigting
• Selfregering
• Onafhanklikheid van die
Verenigde Koninkryk
• Samesmelting met Maleisië
• Skeiding van Maleisië
en huidige grondwet


6 Februarie 1819[1]
3 Junie 1959[2]

31 Augustus 1963[3]
16 September 1963[3]

9 Augustus 1965[3]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
728 km2  (176ste)
281,1 myl2
Bevolking
 - 2019-skatting
 - Digtheid
 
5 703 600[4] (115de)
7 804 / km2 (2de)
20 212,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$591,876 miljard[5] (36ste)
$101 409[5] (3de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$362,524 miljard[5] (31ste)
$62 113[5] (7de)

MOI (2019) Green Arrow Up Darker.svg 0,938[6] (11ste)  –  baie hoog
Gini (2016) 45,8[7](30ste) –  hoog
Geldeenheid Singapoer-dollar (S$) (SGD)
Tydsone
 - Somertyd
SST (UTC+8)
nie toegepas nie (UTC+8)
Internet-TLD .sg, .新加坡, .சிங்கப்பூர்
Skakelkode +65

Singapoer (Chinees: 新加坡, pinyin: Xīnjiāpō; Engels: Singapore, [ˈsɪŋɡəpɔːr], ; Maleis: Singapura; Tamil: சிங்கப்பூர், Ciṅkappūr), amptelik die Republiek Singapoer (Chinees: 新加坡共和国, pinyin: Xīnjiāpō Gònghéguó; Engels: Republic of Singapore; Maleis: Republik Singapura; Tamil: சிங்கப்பூர் குடியரசு, Ciṅkappūr Kuṭiyaracu), is die kleinste land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 728 vierkante kilometer en 'n bevolking van 5,7 miljoen in 2019. Singapoer is 'n eiland- en stadstaat wat behalwe vir die hoofeiland Singapoer uit 63 kleiner eilande bestaan. Met sy strategiese ligging het Singapoer reeds vir die Britte as 'n belangrike seehawe gedien waarvandaan hulle die Straat van Malakka kon oorheers.

Kaart van Singapoer
Moderne argitektuur in Singapoer se middestad

Toe Singapoer-eiland in 1819 danksy sir Thomas Stamford Raffles onder Britse bewind gekom het, het sy bevolking slegs 150 mense beloop. Nogtans was Singapura (letterlik "Die Leeustad") reeds in die 14de eeu 'n beduidende nedersetting wat as gevolg van die oorloë tussen die koninkryke Madjapahit (Java, Indonesië) en Siam (die huidige Thailand) verniel is.

Die moderne Singapoer het volgens 'n plan ontstaan wat deur sir Thomas Stamford Raffles persoonlik ontwerp is. Die stad het tot by die jaar 1959 'n Britse besitting gebly en daarna volgens 'n ooreenkoms 'n selfregerende stad gevorm. Singapoer het in 1963 by die Federasie Maleisië aangesluit, maar etniese en ander geskille het tot die afskeiding van Maleisië gelei, sodat Singapoer in 1965 'n onafhanklike republiek geword het.

Die stad word vandag as een van die merkwaardigste ekonomiese en industriële suksesse beskou.[8] Singapoer se ekonomie, wat naas die nywerheidsektor op sy seehawe en vryehandel steun, was steeds op die wêreldmark gemik. Dit is 'n moderne stad met wolkekrabbers in sy sentrum en die digbevolkste land in Suidoos-Asië, wat met sy besige seehawe tot die logistieke en handelsentrum van die streek ontwikkel het.

Die fenomenale ekonomiese groei van Singapoer was steeds aan die outoritêre bewind van die People's Action Party (PAP) gekoppel wat volgens sy beleid van 'n sosialistiese markekonomie 'n moderne welvaartstaat geskep het, maar het as gevolg van Singapoer se verkiesingswette die parlement al dekades lank oorheers en ook in die verkiesing van 6 Mei 2006 weer 'n oorweldigende meerderheid van 82 setels in die parlement behaal, teenoor slegs een setel elk vir die twee opposisiepartye Workers' Party en Singapore Democratic Alliance.[9]

Singapoer se strafwette, waarvolgens die doodstraf onder meer vir die onwettige besit van bepaalde hoeveelhede dwelmmiddels outomaties opgelê word, word veral deur Westerse regerings en organisasies gekritiseer. In verhouding tot sy bevolking is in Singapoer sedert 1991 die hoogste aantal teregstellings aangeteken.[10]

Die inwoners van Singapoer is 'n mengelmoes van verskillende etniese groepe, alhoewel etniese Han-Chinese meer as driekwart van die totale bevolking verteenwoordig. Ander belangrike groepe sluit Maleiers, Indiërs, Pakistani's en Sri Lankane in. Meer as veertig persent van die bevolking is Boeddhiste, terwyl Moslems en Christene 14 persent, Taoïste sowat agt en Hindoes vier persent van die bevolking verteenwoordig.

Singapoer is naas die Republiek China op Taiwan een van twee gebiede buite die Chinese stamland wat in politieke opsig deur Han-Chinese oorheers word.[11]

  1. (en) Chew, Ernest (1991). Lee, Edwin (red.). A History of Singapore. Oxford University Press. ISBN 0-19-588917-7.
  2. Hoe Yeen Nie (2 Junie 2009). "State of Singapore came into being 50 years ago on 3 June". Channel News Asia (in Engels). Singapore. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2013.
  3. 3,0 3,1 3,2 (en) Leitch Lepoer, Barbara (1989). "Singapore as Part of Malaysia". Library of Congress Country Studies. Washington, D.C.: Government Printing Office. Besoek op 14 Mei 2014.
  4. (en) "Population and Population Structure". Singstat. Departement van Statistiek Singapoer. Besoek op 5 Augustus 2018.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Singapore". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2020. Besoek op 5 Februarie 2021.
  6. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 6 Februarie 2021.
  7. (en) "Distribution of family income – Gini Index". Central Intelligence Agency. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 13 September 2017.
  8. (en) Stonehouse, Dr. Bernard (red.): Philips' Illustrated Atlas of the World. Londen: Guild Publishing 1985, bl. 93
  9. (de) Der Fischer Weltalmanach 2007, bl. 441
  10. (en) Amnesty International: Singapore – The death penalty: A hidden toll of executions Geargiveer 4 Maart 2008 op Wayback Machine
  11. (de) Schöller, Peter; Heiner Dürr en Eckart Dege (reds.): Fischer Länderkunde. Boekdeel 1: Ostasien. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 1987, bl. 211

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne