Skeppingsmite

Die Skepping (omstreeks 1896-1902), deur James Tissot.[1]

'n Skeppingsmite is 'n simboliese vertelling van hoe die wêreld begin het en hoe die eerste mense dit begin bewoon het.[2][3][4] Hoewel die algemene term "mite" dikwels na valse of denkbeeldige stories verwys, heg lede van kulture dikwels in verskillende mates waarheid aan hulle skeppingsmite.[5][6] In die gemeenskap waarin dit vertel word, word 'n skeppingsmite gewoonlik beskou as 'n oordrag van die grondige waarheid – metafories, godsdienstig en histories, of as letterlik.[7][8] Hulle word gewoonlik, maar nie altyd nie, beskou as kosmogoniese mites: dus dat hulle die skepping van orde in die kosmos uit 'n toestand van chaos beskryf.[9]

Skeppingsmites het gewoonlik 'n paar eienskappe gemeen. Hulle word dikwels as heilige verhale beskou en word in feitlik alle bekende godsdienstradisies aangetref.[10] Hulle het almal 'n storielyn en karakters wat óf gode óf mense of mensagtige figure óf diere is wat praat en maklik van vorm verander.[11] Hulle speel dikwels af in 'n vae of niespesifieke verlede wat die godsdienshistorikus Mircea Eliade noem in illo tempore ("in daardie tyd").[10][12]

Skeppingsmites raak vraagstukke aan wat baie belangrik is vir die gemeenskap wat hulle deel, en onthul hulle sentrale wêreldbeskouing en die raamwerk vir die selfidentiteit van die kultuur en individu in 'n universele verband.[13]

Skeppingsverhale word aanvanklik mondelings oorgedra en het dus gewoonlik baie weergawes.[3] Hulle is die algemeenste vorm van mites en kom in alle kulture voor.[7]

  1. Skildery uit die versamelings van die Joodse Museum (New York) "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2013. Besoek op 3 April 2022.
  2. Encyclopædia Britannica 2009
  3. 3,0 3,1 Womack 2005, p. 81
  4. "Creation Stories". Signs & Symbols – An Illustrated Guide to Their Origins and Meanings. DK Publishing. 2008. p. 157. ISBN 978-1405325394.
  5. Leeming 2010, p. xvii)
  6. Long 1963, p. 18
  7. 7,0 7,1 Kimball 2008
  8. Leeming 2010, pp. xvii–xviii, 465
  9. Sien:
  10. 10,0 10,1 Johnston 2009
  11. Sien:
  12. Eliade 1963, p. 429
  13. Sien:

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne