Skotland

Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Skotland.
Skotland
Scotland (Engels)
Alba (Skots-Gaelies)
Vlag van Skotland Wapen van Skotland
Vlag Wapen
Nasionale leuse: In My Defens God Me Defend
(Skots vir: "In my verdediging God my verdedig")
Volkslied: verskeie
Hoofsaaklik: Flower of Scotland
(Engels vir: "Blom van Skotland")
Ligging van Skotland
Hoofstad Edinburg (Dùn Èideann)

55°57′N 3°11′W / 55.950°N 3.183°W / 55.950; -3.183

Grootste stad Glasgow

55°51′N 4°16′W / 55.850°N 4.267°W / 55.850; -4.267

Amptelike tale Engels, Skots-Gaelies en Skots
Regering

Monarg
Eerste minister
• Adjunkpremier
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Humza Yousaf (SNP)
Shona Robison
Onafhanklikheid
Vorming
• Vereniging
• Unie van die Krone
Unie met Engeland
• Devolusie


9de eeu (tradisioneel 843)
24 Maart 1603
1 Mei 1707
19 November 1998
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
77 901[1] km2  (2de (VK))
30 078 myl2
3
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
5 479 900[2] (2de (VK))
5 313 600[3]
70 / km2
181,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

£149,9 miljard[4] (2de (VK))
$27 361[4] (2de (VK))

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

£211,7 miljard[4] (2de (VK))
$38 622[4] (2de (VK))

MOI (2021) 0,921[5] ()  –  baie hoog
Gini (2022) 31[6] –  medium
Geldeenheid Pond sterling (£) (GBP)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
BST (UTC+1)
Internet-TLD .uk, .gb
Skakelkode +44
Beskermheilige: Sint Andrew,[7][8] Sint Margaret[9][10] en Sint Columba[11]
Nasionale blom: Dissel

Skotland (Engels en Skots: Scotland, [ˈskɔtlənd]; Skots-Gaelies: Alba, [ˈal̪ˠapə], ; Latyn-Kelties: Caledonia) is 'n deelstaat in die noordweste van Europa en vorm een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk. Die Skotse hoofstad Edinburg (Engels: Edinburgh) word net soos Glasgow, die grootste stedelike nedersetting in die land, onder die belangrikste finansiële sentrums in Europa gereken.

Die kasteel Eilean Donan teen sononder

Skotland beslaan met 77 901 vierkante kilometer sowat een derde van Groot-Brittanje se oppervlakte en grens aan Engeland in die suide. Die grenslyn loop oor 'n afstand van 96 kilometer tussen die Tweedrivier aan die ooskus en die Solway Firth in die weste. In die ooste word Skotland deur die Noordsee begrens, in die noorde en weste deur die Atlantiese Oseaan, en in die suidweste deur die Noordkanaal en die Ierse See. Die eiland Ierland lê sowat 30 kilometer van Skotland se mees suidwestelike landtong af.

Naas die vastelandse gebied is daar meer as 790 eilande, waarvan die Shetland-, Orkney- en Hebride-eilande die bekendstes en belangrikstes is. Skotland beskik oor die grootste reserwes van ruolie in die Noordelike Atlantiese Oseaan en die Noordsee.

Die Koninkryk van Skotland het tot 1 Mei 1707 as 'n onafhanklike staat bestaan en het daarna volgens die Acts of Union 1707 ("Wet van Vereniging") met die Koninkryk van Engeland saamgesmelt om die Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm.[12][13] Die Unie het ook die Parlement van Groot-Brittanje gestig wat beide die Parlement van Engeland en Skotland vervang het. Die Koninkryk van Groot-Brittanje het op 1 Januarie 1801 volgens die Acts of Union 1800 met die Koninkryk van Ierland saamgesmelt om die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland te vorm.[14] Met dié Unie is die Parlement van Groot-Brittanje en die Parlement van Ierland verenig om die Parlement van die Verenigde Koninkryk te vorm.

Skotland het sy eie reg- en onderwysstelsel. Die eerste parlement sedert 1707 is in Mei 1999 verkies. Sy bevoegdhede sluit onderwys, gesondheidsake en die meeste interne aangeleenthede in.

  1. (en) "Standard Area Measurements (Latest) for Administrative Areas in the United Kingdom (V2)". Kantoor vir Nasionale Statistieke. 5 April 2023. Besoek op 5 Maart 2024.
  2. (en) "Estimates of the population for the UK, England, Wales, Scotland and Northern Ireland". Kantoor vir Nasionale Statistieke. 21 Desember 2022. Besoek op 5 Maart 2024.
  3. (en) "Population estimates by sex, age and administrative area, Scotland, 2011 and 2012". Nasionale Rekords van Skotland. 8 Augustus 2013. Besoek op 8 Augustus 2013.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) Trevor Fenton (25 April 2023). "Regional gross value added (balanced) per head and income components". Kantoor vir Nasionale Statistieke. Besoek op 5 Maart 2024.
  5. (en) "Sub-national HDI – Area Database – Global Data Lab". Global Data Lab. Besoek op 5 Maart 2024.
  6. (en) "Poverty and Income Inequality in Scotland 2019–22". Skotse Regering. 23 Maart 2023. Besoek op 5 Maart 2024.
  7. (en) "St Andrew—Quick Facts". Scotland. org—The Official Online Gateway. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2007. Besoek op 2 Desember 2007.
  8. (en) "St Andrew". Catholic Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 24 Augustus 2014.
  9. (en) "St Margaret of Scotland". Catholic Online. Besoek op 15 November 2011.
  10. (en) "Patron saints". Catholic Online. Besoek op 24 Augustus 2014.
  11. (en) "St Columba". Catholic Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 24 Augustus 2014.
  12. (en) Keay, J. & Keay, J. (1994) Collins Encyclopaedia of Scotland. Londen. HarperCollins.
  13. (en) Mackie, J.D. (1969) A History of Scotland. Londen. Penguin.
  14. (en) "Parliament and Ireland". Londen: The Houses of Parliament. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op 5 Mei 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne