Snyblomme

Roos, hydrangea en calla troue blomruiker
Krans verkopers in Vrindavan, Indië
'n blommemark in Viëtnam

Snyblomme is blomme of blomknoppe (dikwels met sommige stingel en blaare) wat gesny is van die plant wat dit dra. Dit word gewoonlik van die plant verwyder vir dekoratiewe gebruik. Tipiese gebruike is in vaas uitstallings, kranse en slingers . Baie tuiniers oes hul eie snyblomme uit huistuine, maar daar is 'n beduidende blomme-bedryf vir snyblomme in meeste lande. Die plante wat gesny word, wissel volgens klimaat, kultuur en die plaaslike welvaart. Dikwels word die plante spesifiek vir die doel gekweek, in veld- of kweekhuisomstandighede. Snyblomme kan ook uit die natuur geoes word.

Snyblomme is 'n belangrike siergewas. Die verbouing en handel van blomme is 'n spesialisering in tuinbou, spesifiek blombou.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne