Sterrewag

Die Sphinx-sterrewag op ’n bergtop in die Switserse Alpe. Waarnemings van hoogliggende sterrewagte word minder deur atmosferiese turbulensie belemmer.

’n Sterrewag is ’n terrein wat afgesonder word vir deurlopende waarneming van hemelliggame en kosmiese verskynsels, en wat van die gepaste hulpmiddels voorsien word vir die insameling en berging van waarnemingsdata.

Sterrewagte is al vir verskeie velde opgerig, onder meer klimatologie, meteorologie, geologie, oseanografie en vulkanologie. Histories was sterrewagte eenvoudig – met beperkte hulpmiddels toegerus soos ’n sekstant (vir die meting van die afstand tussen sterre) of soos Stonehenge (wat slegs uit klipmerkers bestaan wat op sekere astronomiese verskynsels gerig is).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne