Suur

Reaksie tussen magnesium en soutsuur, waardeur magnesiumchloried en waterstofgas ontstaan
Reaksie tussen kalsiumkarbonaat en soutsuur, waardeur kalsiumchloried, water en koolstofdioksied gevorm word. Dit vorm skuim in die reageerbuis.

'n Suur is in daaglikse lewe 'n middel soos asyn of suurmelk wat 'n suur smaak het. In die chemie het die begrip suur en sy teendeel basis belangrike ontwikkelings deurgemaak en die definisie is in vier fases verander en verder verfyn.

Volgens een van die definisies is 'n suur 'n stof wat in water opgeloste protone afstaan. Die negatiewe ioon wat oorbly word die suurres genoem.[1] Metale soos yster, sink of magnesium los op in waterige oplossings van sure onder vrystelling van waterstofgas. Edelmetale soos goud, platinum en palladium los net op in sterk oksiderende oplossings soos gekonsentreerde swaelsuur, salpetersuur of koningswater. Die oplosproses word glad nie deur die suur protone bevorder nie.

  1. J. Kramers, P.A.A. van der Beek (1930). Beknopt leerboek der scheikunde. Malmberg.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne