Swartfiguurstyl

Die swartfiguurstyl is ’n verftegniek wat in Antieke Griekeland vir erdewerk gebruik is (Grieks: μελανόμορφα, melanomorpha). Dit was veral tussen die 7de en 5de eeu v.C. gewild, hoewel voorbeelde van tot die 2de eeu v.C. dateer. Stilisties kan dit onderskei word van die voorafgaande Oriëntaliserende tydperk en die daaropvolgende rooifiguurstyl.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne