Telegrafie

Claude Chappe se optiese telegraaf naby Nalbach, Duitsland

Telegrafie (afgelei van die Griekse woorde τηλε (ver) en γραφειν (skrywe) is die stuur van berigte (telegramme) oor 'n lang afstand. Dit verskil van gewone pos in dat telegrafie slegs die inligting stuur, nie die fisiese brief nie. Oor die loop van tyd is verskillende tegnieke gebruik om telegramme te stuur. 'n Toestel wat vir telegrafie gebruik word, word 'n telegraaf genoem. 'n Persoon wat 'n telegraaf bedien is 'n telegrafis.

Telegrafie vereis dat beide die sender en ontvanger moet weet hoe boodskappe gekodeer en gedekodeer word. Sulke metodes word ontwerp om binne die limiete van die medium van versending gebruik te word. Voorbeelde hiervan is die stuur van rookseine, oprig van bakens, weerkaatsing van lig en die gebruik van semafoor-seine. In die 19de eeu het die benutting van elektrisiteit tot die uitvinding van elektriese telegrafie gelei. Die koms van die radio in die vroeë 1900's het radiotelegrafie en ander vorme van draadlose telegrafie moontlik gemaak. In die Internet-era het telegrafie beduidend verbeter en word natuurlike taal-koppelvlakke gebruik om die onderliggende tegnologie te verberg. Dit het tegnologieë soos e-pos en kitsboodskap-stelsels moontlik gemaak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne