Tempel

Göbekli Tepe is sowat 11 500 jaar gelede gebou. Die ronde struktuur op ’n tel bestaan uit enorme T-vormige klippilare wat met abstrakte piktogramme en reliëfwerk versier is. Dit is moontlik die oudste tempel op aarde.
Die Tempel van Hephaistos in Athene, Griekeland.
Akshardham-tempel, ’n Hindoe-tempel in Nieu-Delhi, Indië.
Die Berg Ecclesia-tempel met sy ronde, 12-kantige gebou staan op ’n mesa, ’n berg met ’n plat top.

’n Tempel (van die Latynse woord templum) is ’n struktuur wat vir godsdienstige of spirituele rituele en bedrywighede soos gebede en offerandes gebruik word. Die woord word gewoonlik gebruik vir sulke geboue in alle gelowe waar daar nie ’n meer spesifieke term soos kerk, moskee of sinagoge bestaan nie. Dit sluit in Hindoeïsme, Boeddhisme, Bahaïsme, Djainisme en Zoroastrisme, asook antieke godsdienste soos dié van Antieke Egipte, Antieke Griekeland en Antieke Rome.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne