Tempelberg

Tempelberg
הַר הַבַּיִת
الحرم الشريف
’n Lugfoto vanuit die suide. ’n Lugfoto vanuit die suide.
Ligging Jerusalem
Hoogte 740 meter bo seevlak
Bergtipe Kalksteen[1]
Ligging van Tempelberg הַר הַבַּיִת الحرم الشريف op 'n kaart (Israel)
Tempelberg הַר הַבַּיִת الحرم الشريف
Tempelberg
הַר הַבַּיִת
الحرم الشريف
Ligging in Israel.

Die Tempelberg (Hebreeus: הַר הַבַּיִת Har HaBáyit, Arabies: الحرم الشريف al-Ḥaram al-Šarīf) is ’n heuwel in Jerusalem en een van die belangrikste godsdiensterreine in die wêreld. Dit word al duisende jare in die Judaïsme, Christendom en Islam as ’n heilige plek beskou.

Die huidige terrein word oorheers deur drie groot geboue uit die vroeë Omajjadiese tydperk: die al-Aqsa-moskee, Rotskoepel en Kettingkoepel, sowel as vier minarette. Herodiaanse mure en poorte is later aangevul met strukture uit die laat Bisantynse en die vroeë Islamitiese tydperk. Dit kan bereik word deur 11 poorte, 10 vir Moslems en een vir nie-Moslems, en word deur die Israeliese polisie beheer.

  1. "New Jerusalem Finds Point to the Temple Mount". cbn.com.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne