Triceratops

Die triseratops se grootte in vergelyking met dié van ’n mens.

Triceratops
Tydperk: Laat Kryt 70–66 m. jaar gelede
’n Triceratops-skelet (Natuurhistoriese Museum van Los Angeles).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Infraorde:
Familie:
Genus:
Triceratops

(Marsh, 1889)
Spesies
  • T. horridus
  • T. prorsus
Die triseratops se kraag met die skerp punte.
Triceratops
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Orde: Ornithischia
Familie: Ceratopsidae
Subfamilie: Chasmosaurinae
Genus: Triceratops
(Marsh, 1889)

Triceratops, of die triseratopse of trikeratopse (Grieks vir "driehoringgesig"), is ’n genus van plantvretende dinosourusse wat in die Laat Maastricht-tydsnede van die Laat Kryt-periode, sowat 68 miljoen jaar gelede, vir die eerste keer voorgekom het in wat nou Noord-Amerika is. Dit is een van die laaste bekende nie-vlieënde dinosourus-genera en het in die Kryt-Paleogeen-uitwissing 66 miljoen jaar gelede uitgesterf.[1]

Die triseratops het ’n groot, benerige kraag en drie horings op sy groot, viervoetige lyf gehad en het nogal soos die moderne renoster gelyk. Dit is een van die herkenbaarste dinosourusse en die bekendste seratopside. Dit het saam met die vreesaanjaende Tyrannosaurus bestaan en is waarskynlik deur laasgenoemde gejag,[2] hoewel dit minder seker is of die twee wel baklei het soos in tradisionele museums en gewilde prente uitgebeeld word.

Twee spesies, T. horridus en T. prorsus, word erken, hoewel baie ander spesies ook al genoem is. Volgens navorsing wat in 2010 gepubliseer is, is Torosaurus, ’n seratopside wat lank as ’n aparte genus beskou is, ’n Triceratops,[3][4] maar nie alle wetenskaplikes aanvaar dit nie.[5][6]

  1. Scannella, J.B., & Fowler, D.W. (2014). "A stratigraphic survey of Triceratops localities in the Hell Creek Formation, northeastern Montana (2006–2010)". Geological Society of America Special Papers. 503: 313–332. doi:10.1130/2014.2503(12).{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  2. Erickson, GM; Olson, KH (1996). "Bite marks attributable to Tyrannosaurus rex: preliminary description and implications". Journal of Vertebrate Paleontology. 16 (1): 175–178. doi:10.1080/02724634.1996.10011297.
  3. Scannella, J.; Horner, J.R. (2010). "Torosaurus Marsh, 1891, is Triceratops Marsh, 1889 (Ceratopsidae: Chasmosaurinae): synonymy through ontogeny". Journal of Vertebrate Paleontology. 30 (4): 1157–1168. doi:10.1080/02724634.2010.483632.
  4. Switek, Brian. "New Study Says Torosaurus=Triceratops". Dinosaur Tracking (in Engels). Smithsonian.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2013. Besoek op 2 Maart 2011.
  5. Farke, Andrew A. (2011). Claessens, Leon (red.). "Anatomy and taxonomic status of the chasmosaurine ceratopsid Nedoceratops hatcheri from the Upper Cretaceous Lance Formation of Wyoming, U.S.A". PLoS ONE. 6 (1): e16196. doi:10.1371/journal.pone.0016196. PMC 3024410. PMID 21283763.
  6. [1], Longrich NR, Field DJ (2012) Torosaurus Is Not Triceratops: Ontogeny in Chasmosaurine Ceratopsids as a Case Study in Dinosaur Taxonomy. PLoS ONE 7(2): e32623. doi:10.1371/journal.pone.0032623

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne