Veldsampioen

Veldsampioen
Kampernoelie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. campestris
Binomiale naam
Agaricus campestris
L. (1753)

Die veldsampioen of kampernoelie (Agaricus campestris) is 'n eetbare en in Suid-Afrika lokaal algemene swamspesie.[1] Dit is een van die kleiner Agaricus-spesies, en is naverwant aan die gekweekte sampioen. Die Latynse spesienaam campestris beteken "van die velde". In Engels staan dit ondermeer as die field mushroom (Engeland), meadow mushroom (Amerika), of pink bottom[2] bekend.

  1. Gorter, G.J.M.A.; Eicker, A. (27 Maart 1988). "Vaktaalrubriek: Gewone Afrikaanse en Engelse name vir die meer algemene Suid-Afrikaanse sampioene en ander makroswamme". Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie. 7 (1): 55–64. doi:10.4102/satnt.v7i1.900. ISSN 0254-3486. Besoek op 10 Maart 2024.
  2. Roody, W.C. (2003). Mushrooms of West Virginia and the Central Appalachians. Lexington, Kentucky: University Press of Kentucky. p. 48. ISBN 978-0-8131-9039-6.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne