Voeding

Voeding is nodig sodat die liggaam al die nodige lewensfunksies kan uitvoer. Alle lewende organismes moet gevoed word.

Die wetenskap van voeding het te make met die wisselwerking van voedingstowwe met die liggaam en gevolglike versterking of belemmering van dié liggaamsfunksies.

'n Gebalanseerde dieet is nodig om die mens in staat te stel om behoorlik te funksioneer.

Voedsel is dus een van die mens se basiese behoeftes en is noodsaaklik om te kan beweeg, asem te haal, te dink en selfs te lees. Dit gee die boustof vir ons senuweestelsel, laat die hart en ander organe behoorlik funksioneer, die spiere saamtrek om beweging moontlik te maak en is die noodsaaklike brandstof om ook ander liggaamstelsels te laat werk.

Plantvoedsel is moontlik vanweë die energie van die son in kombinasie met die (vir mense ongewenste maar vir plante belangrik) gas koolstofdioksied, water en voedingstowwe in die grond. Plante soos groente, vrugte, graan, neute, kruie en speserye is die vernaamste voeding van mense en diere.

Voedsel wat van diere afkomstig is sluit in eiers en melk wat min verwerking vereis, as ook vleis, kaas en jogurt, wat mindere of meerdere verwerking vereis.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne