Aksiepotensiaal

Terwyl ’n aksiepotensiaal met die akson langs beweeg, is daar ’n verandering in die polariteit van die selmembraan. Die natrium- en kaliumgehekte ioonkanale gaan oop en toe namate die membraanpotensiaal styg en daal. Die impuls beweeg na die eindpunt van die akson, waar dit die sein aan ander neurone oordra.

’n Aksiepotensiaal in fisiologie is ’n golf van elektriese ontlading oor die membraan van ’n opwekbare, dus prikkelbare, sel soos ’n neuron of spiersel na dele wat in rus verkeer.[1] Hulle maak dit moontlik om inligting vinnig tussen verskillende weefsels te stuur, al met die neuron se akson langs na die terminaal aan die eindpunt van die akson, wat dan met ander neurone by sinapse bind om die inligting verder te stuur. Die senuweestelsel maak uitvoerig gebruik van aksiepotensiale om inligting tussen senuselle onderling uit te ruil, maar ook tussen senuselle en ander soorte selle (spier- of klierselle) of tussen spierselle onderling, soos in die hartspier.[2]

Aksiepotensiale is ’n noodsaaklike eienskap van die dierelewe, maar kom ook in sommige plante voor.

  1. Bertil Hille, Ion Channels of Excitable Membranes. Sinauer Associates, Sunderland MA, VSA, 2001.
  2. A. Kléber; Y. Rudy (2004). "Basic mechanisms of cardiac impulse propagation and associated arrhythmias". Physiological Reviews. 84 (2): 431–488. PMID 15044680.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne