Algol

Beta Persei A / B / C
Die ligging van
Sterrebeeld Perseus
Spektraaltipe B8V (A)[1] / K0IV (B)[2] / A5V (C)
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 03h 08m 10.1315s[1]
Deklinasie +40° 57′ 20.332″[1]
Skynmagnitude (m)  2,12[1]
B-V-kleurindeks  -0,05[3][3]
U-B-kleurindeks  -0,37[3]
Besonderhede
Massa (M) 3,59 / 0,79 / 1,67
Radius (R) 4,13 / 3,0 / 0,9
Ligsterkte (L) 98 / 3,4 / 4,1
Ouderdom (jaar) < 3×108
Temperatuur (K) 9 200[4] / 4 500 / 8 500
Eienskappe
Veranderlikheid Verduisterende veranderlike
Veelvoudigheid Dubbelster
Ander name
Algol, Gorgona, Gorgonea Prima, Demon Star, El Ghoul, β Persei, β Per, Beta Per, 26 Persei, BD+40°673, FK5 111, GC 3733, HD 19356, HIP 14576, HR 936, PPM 46127, SAO 45864
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Algol (ook Beta Persei, β Per of die Duiwelster genoem) is ’n helder ster in die sterrebeeld Perseus. Dit is een van die bekendste verduisterende dubbelsterre[5] en die eerste een wat ontdek is. Dit is ook een van die eerste veranderlike sterre wat nie ’n nova is nie wat ontdek is.

Algol is eintlik ’n driedubbele sterstelsel (Beta Persei A, B en C), waarin die groot, helder Beta Persei A gereeld deur die dowwer Beta Persei B verduister word. Dus is Algol se skynbare magnitude byna konstant 2,1, maar dit verdof elke 2 dae, 20 uur en 49 minute tot 3,4 tydens die rofweg 10 uur lange gedeeltelike verduisterings. Daar is ook ’n sekondêre verduistering (die "tweede minimum") wanneer die helder ster voor die dowwe ster verbybeweeg. Hierdie tweede verduistering kan net foto-elektries waargeneem word.[6] Die klas veranderlike sterre bekend as Algol-veranderlikes is na dié ster genoem.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Database entry for Algol A". SIMBAD Astronomical Database (in Engels). Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2016. Besoek op 9 Februarie 2008.
  2. "Database entry for Algol B". SIMBAD Astronomical Database (in Engels). Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2016. Besoek op 9 Februarie 2008.
  3. 3,0 3,1 3,2 Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:2002yCat.2237....0D.
  4. Rhee, Joseph H. et al. (Mei 2007), "Characterization of Dusty Debris Disks: The IRAS and Hipparcos Catalogs", The Astrophysical Journal 660 (2): 1556–1571, doi:10.1086/509912, Bibcode2007ApJ...660.1556R 
  5. Peter Mack: Gids tot die Naghemel van Suider-Afrika. e-Boek-uitgawe. Kaapstad: Struik Nature 2012, bl. 96
  6. "Beta Persei (Algol)" (in Engels). AAVSO. Januarie 1999. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2009. Besoek op 31 Julie 2006.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne