Alice se avonture in Wonderland

Alice se avonture in Wonderland

SkrywerLewis Carroll
TaalOorspronklik Engels
GenreFantasie
UitgewerMacmillan & Kie. Bpk.
Uitgegee26 November 1865
ISBN978-0-7981-5151-1 (Afrikaanse vertaling van 2016)
VervolgAlice deur die Spieël

Alice se avonture in Wonderland is 'n kinderboek oor 'n meisie met die naam Alice en die vreemde avonture wat sy beleef.[1] Die boek is deur die Oxford wiskundige Charles Lutwidge Dodgson (onder die skuilnaam Lewis Carroll) geskryf en deur John Tenniel geïllustreer. Die titel word gewoonlik na Alice in Wonderland verkort. Dit is aanvanklik op 26 November 1865 deur Macmillan & Kie. Bpk. in Londen gepubliseer. Sedertdien is dit in verskeie tale (waaronder Afrikaans) vertaal en ook vir ander media (soos TV-reekse en rolprente) verwerk.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne