Amasone (mitologie)

’n Amasone berei voor vir oorlog, deur Pierre-Eugène-Émile Hébert, 1860 (Nasionale Kunsgalery, Washington).

Die Amasones (Grieks: Ἀμαζόνες) was in die Griekse mitologie ’n nasie van vroulike vegters. Volgens Herodotus het hulle gewoon in ’n streek wat grens aan Skitië in Sarmasië (hedendaagse Oekraïne). Sommige ander dink hulle was van Klein-Asië of Libië.

Noemenswaardige koninginne van die Amasones was Penthesilea, wat aan die Trojaanse Oorlog deelgeneem het, en haar suster Hippolyta, wie se towergordel betrokke was by een van Herakles se take. Amasone-plunderaars is in klassieke kuns dikwels uitgebeeld in gevegte met Griekse vegters.

Die Amasones is verbind met verskeie historiese volke regdeur die tydperk van die Romeinse Ryk en laat antieke tyd. In die Romeinse geskiedenis is daar verskeie verslae van plundertogte in Klein-Asië deur Amasones. Sedert die vroeë moderne tyd is hulle naam sinoniem met vrouevegters in die algemeen.

Die oorsprong van die naam is onbekend.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne