Anton Tsjechof

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Pawlowitsj en die van is Tsjechof.

Anton Tsjechof
Tsjechof in 1889.
Tsjechof in 1889.
Geboortenaam Anton Pawlowitsj Tsjechof
Gebore 29 Januarie [O.S. 17 Januarie] 1860
Plek Taganrog, Russiese Ryk
Oorlede 15 Julie [O.S. 2 Julie] 1904 (op 44)
Plek Badenweiler, Duitse Keiserryk
Beroep Geneesheer, dramaturg, skrywer
Nasionaliteit Russies
Gade Olga Knipper
Handtekening

Anton Pawlowitsj Tsjechof (Russies: Анто́н Па́влович Че́хов, ouer spelling Антонъ Павловичъ Чеховъ; 29 Januarie [O.S. 17 Januarie] 1860 – 15 Julie [O.S. 2 Julie] 1904) was ’n Russiese geneesheer, dramaturg en skrywer wat beskou word as een van die grootste skeppers van kortverhale in die geskiedenis.[1][2][3] Tsjechof het in die grootste deel van sy letterkundige lewe as dokter gepraktiseer: "Die geneeskunde is my wettige vrou," het hy eenkeer gesê, "en letterkunde my minnares."[4]

Tsjechof het die teater verwerp ná die rampspoedige ontvangs van Die Meeu in 1896, maar die toneelstuk is in 1898 weer op die planke gebring in die Moskouse Kunsteater, wat daarna ook Tsjechof se Oom Wanja, Drie Susters en Die Kersieboord opgevoer het. Dié vier werke was ’n uitdaging vir die akteurs[5] sowel as die gehoor, want in plaas van konvensionele aksie bied Tsjechof ’n "teater van gemoedstoestande" in die teks.[6]

Tsjechof het aanvanklik net vir finansiële gewin geskryf, maar later het sy kunsambisie gegroei en het hy innovasies aangebring wat die ontwikkeling van die moderne kortverhaal beïnvloed het.[7]

Sy tegniek van interne monoloog is later deur James Joyce en ander moderniste gevolg, saam met die verwerping van die morele einde van die tradisionele storiestruktuur. Hy het gemeen lesers moet self die subjektiewe elemente invoeg wat in die storie kortkom. Hy het gesê die rol van ’n kunstenaar is om vrae te stel, nie antwoorde te verskaf nie.[8]

  1. "Russian literature; Anton Chekhov" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2007. Besoek op 14 Junie 2008.
  2. "Greatest short story writer who ever lived." Raymond Carver (in Rosamund Bartlett se inleiding tot About Love and Other Stories, XX); "Quite probably the best short-story writer ever." A Chekhov Lexicon, deur William Boyd, The Guardian, 3 Julie 2004
  3. "Stories… which are among the supreme achievements in prose narrative." Vodka miniatures, belching and angry cats, George Steiner se resensie van The Undiscovered Chekhov, in The Observer, 13 Mei 2001
  4. Brief aan Aleksei Soeworin, 11 September 1888. Letters of Anton Chekhov.
  5. "Actors climb up Chekhov like a mountain, roped together, sharing the glory if they ever make it to the summit". Die akteur Ian McKellen, aangehaal in Miles, 9.
  6. Wsewolod Meierhold, aangehaal in Allen, 13. Styan, 84.
  7. Arthur Power, Conversations with James Joyce, Usborne Publishing Ltd, 1974, ISBN 978-0-86000-006-8, 57
  8. Brief aan Soeworin, 27 Oktober 1888. Letters of Anton Chekhov.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne