Arend-newel

Arend-newel
'n Saamgestelde foto in drie kleure van die Arend-newel, met noord bo (ESO).
'n Saamgestelde foto in drie kleure van die Arend-newel, met noord bo (ESO).
Soort Oop sterreswerm
Sterrebeeld Slang
Regte klimming 18h 18m 48m
Deklinasie -13º 49'
Afstand 7 000 ligjare
Skynare magnitude 6 mag
Skynbare grootte (v) 7 boogminute
Ander name Messier 16, NGC 6611, Sharpless 49, RCW 165, Gum 83

Die Arend-newel (ook bekend as onder meer Messier 16 en NGC 6611) is ’n jong oop sterreswerm in die sterrebeeld Slang. Dit is in 1745-'46 deur Jean-Philippe de Cheseaux ontdek en daarna deur Charles Messier in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Dit is die tuiste van die bekende Skeppingspilare wat op ’n foto deur die Hubble-ruimteteleskoop gesien kan word as pilare van stervormende interstellêre gas en stof.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne