Bahreinse Grand Prix

Die Bahreinse Grand Prix (Arabies: جائزة البحرين الكبرى) is 'n jaarlikse Formule Eenkampioenskapswedren in Bahrein geborg deur Gulf Air. Die eerste wedren het by die Bahrein Internasionale Renbaan plaasgevind op 4 April 2004. Dit het geskiedenis gemaak as die eerste Formule Een Grand Prix wat in die Midde-Ooste gehou is, en het 'n toekenning vir die "Besgeorganiseerde Grand Prix" van FIA ontvang.

Die Bahreinse Grand Prix was gewoonlik die derde wedren op die jaarlikse Formule Een-kalender. Maar in die 2006-seisoen het Bahrein plekke geruil met die tradisionele eerste wedren van die seisoen, die Australiese Grand Prix, wat teruggeskuif is om 'n botsing met die Statebondspele te vermy. In 2010 het Bahrein weer die openingswedren van die seisoen gehou en die motors het die volle 6.299 km (3.914 myl) "Endurance Circuit" gejaag om F1 se diamandjubileum te vier.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne