Carl Sandburg

Carl Sandburg
Carl Sandburg in 1955
Gebore6 Januarie 1878
Galesburg, Illinois
Sterf22 Julie 1967 (op 89)
Flat Rock, Henderson County, Noord-Carolina
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroepjoernalis, skrywer
Bekend virAbraham Lincoln
Rootabaga Stories
EggenootLilian Steichen
KindersMargaret, Helga en Janet
Ouer(s)August Sandberg
Clara Mathilda (née Anderson)

Carl August Sandburg (6 Januarie 187822 Julie 1967) was 'n Amerikaanse digter, geskiedkundige, romanskrywer, balladesanger en volkskundige. Hy is in Galesburg (Illinois) van arm Sweedse immigrante-ouers gebore en in sy huis Connemara in Flat Rock (Henderson-distrik, Noord-Carolina) oorlede.

Sandburg was ook 'n suksesvolle joernalis, biograaf en outobiograaf. Tydens sy loopbaan het hy twee keer die Pulitzerprys gewen: vir sy biografie oor Abraham Lincoln (Abraham Lincoln: The War Years, 1940) en sy digbundel The Complete Poems of Carl Sandburg (1950).

Carl Sandburg word dikwels as die stem van die Amerikaanse Midweste en die Nywerheidstydperk genoem. Hy was 'n volksdigter, wat in sy werk 'n soort mistiese vaderlandsliefde met sosiale betrokkenheid verbind het. Baie van sy werke is aan die woelige stede van die Midweste gewy soos sy mees bekende gedig Chicago:

Hog Butcher for the World

Tool Maker, Stacker of Wheat
Player with Railroads and the Nation's Freight Handler
Stormy, husky, brawling, City of the Big Shoulders.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne