Chagos-argipel

Chagos-argipel
Inheemse naam: Chagos Archipelago
Kaart van die Chagos-argipel
Kaart van die Chagos-argipel
Geografie

Ligging Britse Indiese Oseaangebied, Indiese Oseaan
Koördinate 6°00′S 71°30′O / 6.000°S 71.500°O / -6.000; 71.500
Argipel Chagos-argipel
Totale eilande 7 atolle
Hoofeilande Diego Garcia
Oppervlakte 63,17 vk km

Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Oorsese gebied Britse Indiese Oseaangebied

Hoofstad Diego Garcia
Grootste stad Diego Garcia (4 000)

Demografie
Bevolking 4 000

Laaste Britse oorsese gebied in die Indiese Oseaan

Die Chagos-argipel (/ˈtʃɑːɡoʊs/ of /ˈtʃɑːɡəs/; Engels: Chagos Archipelago, voorheen: Bassas de Chagas[1] en later ook Oil Islands, bekend as Foalhavahi (ފޯޅަވަހި) in Dhivehi, as Phehandweep (फेहंद्वीप) in Hindi en ander Noord-Indiese tale en as as Paeikaana Theevukal (பேகான தீவுகள்) in Tamil) is 'n argipel in die noord-sentraale Indiese Oseaan, wat uit 7 atolle bestaan. Die argipel lê 500 kilometer suid van die Maledive en sowat 1 900 kilometer oos van die Seychelle.

Kaart van die Chagos-argipel.

Die Chagos-argipel is 'n belangrike strategiese punt en is onder militere beheer van die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Die argipel het 'n bevolking van 4 000 (net soldate en burgerlike gekontrakteerde personeel) in 2010 gehad en het 'n oppervlakte van 63,17 km². Die hoofstad en grootste stad is Diego Garcia, wat asook die hoofeiland en enigste bewoonde atol is. Die Chagos-argipel vorm die laaste Britse oorsese gebied, die Britse Indiese Oseaangebied, in die Indiese Oseaan en is 'n belangrike vloot- en lugmagbasis.

  1. "Track of the Calcutta East Indiaman, over the Bassas de Chagas in the Indian Ocean" (in Engels). Catalogue.nla.gov.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2018. Besoek op 21 Junie 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne