Chronos

Chronos aan die slaap op ene Georg Wolff se graf.

Chronos (Grieks: Χρόνος) was in die Griekse mitologie die verpersoonliking van tyd. Hy is beskou as ’n onstoflike god met ’n slangagtige vorm en drie koppe – dié van ’n man, ’n bul en ’n leeu. Hy en sy vrou, die slang Ananke (Onvermybaarheid), het om die oorspronklike wêreldeier geseil en dit verskeur om die geordende heelal van die aarde, see en lug te vorm.

Chronos word gewoonlik uitgebeeld as ’n wyse ou man met ’n lang, grys baard, soos Vader Tyd. Hy moet nie met die Titaan Kronos verwar word nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne