Commedia dell'arte

'n Commedia dell'arte-toneelgroep, afgebeeld op 'n 16de-eeuse Vlaamse skildery.
Skrywer en akteur Molière presenteer komiese akteurs van sy generasie en van daarvoor, 1670
19de-eeuse illustrasie van commedia dell'arte

Commedia dell'arte, oftewel commedia dell'arte all'improvviso (komedie van die kuns van improvisasie), is 'n vorm van improvisatoriese straatteater wat in Italië ontstaan het. Dit word gekenmerk deur gemaskerde argetipes wat die spot dryf met algemene sosiale figure. Daar verskyn gevolglik karakters soos onverstandige ou mans, agterbakse bediendes, en militêre offisiere wat oorloop van bedrieglike bravade.

Dit was veral populêr vanaf die 16de tot 18de eeue. Dié teatergroepe begin gewild raak vanaf 1550 in Italië. Die eerste verwysing na Commedia dell’arte is in 1568 en voor die einde van die eeu speel hierdie toneelgroepe oral in Europa, en veral in Frankryk om mense te vermaak. Ná 200 jaar begin die gewildheid van hierdie tipe teater afneem en het in 1800 byna heeltemal verdwyn.[1]

  1. Jordan, P. The Venetian origins of the Commedia dell'Arte. New York: Routledge.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne