Demeter

Demeter
Griekse Olimpiese godin
Demeter, ’n Romeinse kopie van die oorspronklike werk (Vatikaan-museum).
Demeter, ’n Romeinse kopie van die oorspronklike werk (Vatikaan-museum).
Naam Demeter
Godin van Landbou en koring
Blyplek Die berg Olimpus
Simbool Fakkel, koringaar, papawer
Ouers Kronos en Rea
Broers, susters Poseidon, Hades, Hestia, Hera, Zeus
Kinders Persefone, Zagreus, Despoina, Arion, Plutos, Filomelos
Romeinse eweknie Ceres

Demeter (Grieks: Δημήτηρ) was in die Griekse mitologie die godin van graan en vrugbaarheid, die rein voeder van die jeug en die groen aarde, en die bewaarder van die huwelik en die heilige wette. In die Homeriese lofsang aan Demeter (omstreeks 7de eeu v.C.) word sy die "bringer van seisoene" genoem, ’n aanduiding dat sy aanbid is lank voor sy een van die twaalf Olimpiese gode geword het.

Sy word dikwels uitgebeeld in ’n strydwa en saam met simbole van die oes, onder andere blomme, graan en vrugte. Sy word ook soms saam met haar dogter Persefone uitgebeeld.

Haar eweknie in die Romeinse mitologie is Ceres.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne