Diabetes

Diabetes mellitus
Die universele blou sirkelsimbool vir diabetes.[1]
SpesialiteitEndokrinologie
Simptome
  • Gereelde urinering
  • Hongerte
  • Dorsheid
Komplikasies
  • Metaboliese wanbalanse
  • Kardiovaskulêre siektes
  • Senu- en breinskade
  • Nierversaking
  • Gastro-intestinale veranderings[2][3][4][5]
TydsduurRemissies kan voorkom, maar die siekte is lewenslank
Tipes
  • Tipe 1-diabetes
  • Tipe 2-diabetes
  • Swangerskapdiabetes
OorsakeInsulienondoeltreffendheid of geleidelike weerstand
Diagnostiese metode
  • Hoë bloedsuiker
  • 'n Toename in hemoglobien A1c[2]
Behandeling
  • Lewenstylveranderings
  • Diabetesmedikasie[2]
Frekwensie463 miljoen (8,8%)[6]
Sterftes4,2 miljoen (2019)[6]
Mediese waarskuwing

Diabetes mellitus, dikwels net diabetes genoem en voorheen[7] beter bekend as suikersiekte, is 'n groep algemene siektes van die endokriene stelsel wat gekenmerk word deur hiperglukemie (hoë bloedsuikervlakke).[8][9] Diabetes word veroorsaak deurdat óf die pankreas nie genoeg insulien vervaardig nie óf die selle van die liggaam nie op die hormoon reageer nie.[10]

Klassieke simptome sluit in dors, herhaaldelike urinering, gewigsverlies en dowwe sig. As dit nie behandel word nie, kan die siekte tot verskeie gesondheidsprobleme lei, onder meer siektes van die hartbloedvatstelsel, , niere en senuwees.[3] Onbehandelde of swak behandelde diabetes lei jaarliks wêrelwyd tot sowat 1,5 miljoen sterftes.[8]

Die hoofsoorte diabetes is tipe 1 en 2.[11] Die algemeenste behandeling vir tipe 1-diabetes is insulienvervangingsterapie (insulieninspuitings), terwyl medisynes soos metformien en semaglutied en lewenstylaanpassings gebruik kan word om tipe 2-diabete te bestuur. Gestasionele of swangerskapsdiabetes, 'n vorm wat tydens swangerskap in sommige vroue voorkom, normaliseer nadat die vroue die lewe geskenk het.

Teen 2021 het 'n geraamde 537 miljoen mense wêreldwyd (sowat 10,5% van volwassenes) aan diabetes gelei, waarvan tipe 2 meer as 90% van gevalle uitgemaak het. Daar word geraam dat 783 miljoen volwassenes, of een uit elke agt, teen 2045 die siekte sal hê. Dit is 'n toename van 46% van die huidige syfers.[12] Die siekte neem veral drasties toe in nasies met lae- tot middelklasinkomstes.[13] Dit is wêreldwyd die sewende grootste oorsaak van sterftes.[14][15] Dit kom ewe veel in mans en vroue voor.

Die hoofsimptome van diabetes.
Diabetiese retinopatie ('n ernstige toestand van die retina), nefropatie (skade aan die niere) en neuropatie (skade aan die senuwees) is moontlike komplikasies van diabetes.
  1. "Diabetes Blue Circle Symbol". International Diabetes Federation. 17 Maart 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2007.
  2. 2,0 2,1 2,2 "Diabetes". www.who.int. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2023. Besoek op 1 Oktober 2022.
  3. 3,0 3,1 Kitabchi AE, Umpierrez GE, Miles JM, Fisher JN (Julie 2009). "Hyperglycemic crises in adult patients with diabetes". Diabetes Care. 32 (7): 1335–1343. doi:10.2337/dc09-9032. PMC 2699725. PMID 19564476. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2016.
  4. Krishnasamy S, Abell TL (Julie 2018). "Diabetic Gastroparesis: Principles and Current Trends in Management". Diabetes Therapy. 9 (Suppl 1): 1–42. doi:10.1007/s13300-018-0454-9. PMC 6028327. PMID 29934758.
  5. Saedi E, Gheini MR, Faiz F, Arami MA (September 2016). "Diabetes mellitus and cognitive impairments". World Journal of Diabetes. 7 (17): 412–422. doi:10.4239/wjd.v7.i17.412. PMC 5027005. PMID 27660698.
  6. 6,0 6,1 "IDF DIABETES ATLAS Ninth Edition 2019" (PDF). www.diabetesatlas.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020. Besoek op 18 Mei 2020.
  7. "Suikersiekte" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 18 Mei 2024.
  8. 8,0 8,1 "Diabetes". World Health Organization. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2023. Besoek op 29 Januarie 2023.
  9. "Diabetes Mellitus (DM) - Hormonal and Metabolic Disorders". MSD Manual Consumer Version. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2022. Besoek op 1 Oktober 2022.
  10. Shoback DG, Gardner D, reds. (2011). "Chapter 17". Greenspan's basic & clinical endocrinology (9de uitg.). New York: McGraw-Hill Medical. ISBN 978-0-07-162243-1.
  11. "Symptoms and Causes of Diabetes". National Institute of Diabetes and Digestive and Kidney Diseases, US National Institutes of Health. 2024. Besoek op 16 Mei 2024.
  12. "Facts & figures". International Diabetes Federation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2023. Besoek op 10 Augustus 2023.
  13. De Silva AP, De Silva SH, Haniffa R, Liyanage IK, Jayasinghe S, Katulanda P, et al. (April 2018). "Inequalities in the prevalence of diabetes mellitus and its risk factors in Sri Lanka: a lower middle income country". International Journal for Equity in Health. 17 (1): 45. doi:10.1186/s12939-018-0759-3. PMC 5905173. PMID 29665834.
  14. Vos T, Flaxman AD, Naghavi M, Lozano R, Michaud C, Ezzati M, et al. (Desember 2012). "Years lived with disability (YLDs) for 1160 sequelae of 289 diseases and injuries 1990-2010: a systematic analysis for the Global Burden of Disease Study 2010". Lancet. 380 (9859): 2163–2196. doi:10.1016/S0140-6736(12)61729-2. PMC 6350784. PMID 23245607.
  15. Williams textbook of endocrinology (12de uitg.). Elsevier/Saunders. 2011. pp. 1371–1435. ISBN 978-1-4377-0324-5.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne